Die dae van sleutels en wagwoorde is getel. Nou kan jy jou vingerafdrukke, oë of selfs die verhoudings van jou gesig gebruik om alles van jou foon tot ’n deur oop te sluit. Ons leer jou hoe biometriese tegnologie gebruik word om ons unieke karaktertrekke te ontleed.

Wat is biometrika?

Pleks van ’n sleutel (iets wat jy het) of wagwoord (iets wat jy weet), gebruik biometrika wie jy is om iets oop te sluit of jou daartoe toegang te gee. Biometrika is reeds so ver gevorder dat dit ’n mens se gedragseienskappe – jou handskrif of die unieke klank van jou stem – kan gebruik om jou te identifiseer.

vingerafdrukke
Het jy geweet? Twee soorte vingerafdrukskandeerders word vandag algemeen gebruik: optiese skandeerders, wat ligsensors gebruik, en kapasitatiewe skandeerders, wat ’n elektriese stroom gebruik om jou afdruk waar te neem. Kapasitatiewe skandeerders kom gewoonlik in slimfone voor.
Biometrika
Het jy geweet Gesigsherkenningskandeerders word ook gebruik om mense te monitor wat lughawens binnekom om byvoorbeeld misdadigers te help opspoor.
Iris
Het jy gewig? Sagteware vir iris-skandering karteer meer as 200 verwysingspunte vir vergelyking. Vingerafdrukskandering kan net 60 of 70 punte karteer.

Dit gebruik ook liggaamlike karaktertrekke soos vingerafdrukke en gesigspatrone. Laasgenoemde word baie algemeen gebruik, byvoorbeeld in slimfone. Ons bekyk dit van nader.

Alle biometriese stelsels het dieselfde drie stappe:

  • Inskrywing: Die eerste keer wanneer jy ’n biometriese stelsel gebruik, sal dit jou besonderhede en jou unieke vingerafdruk, iris of gesig vaslê.
  • Bewaring: Die stelsel hou nie net ’n foto van jou vingerafdruk, iris of gesig nie – dit ontleed dit en skakel dit in ’n kode of grafiek om wat die stelsel kan verstaan.
  • Vergelyking: Die volgende keer wanneer jy die stelsel wil “oopsluit”, sal dit die nuwe skandering van jou vingerafdruk, iris of gesig vergelyk met wat dit gebêre het. As dit ooreenstem, sal dit jou inlaat.

Vingerafdrukpatrone

Daar is drie hoofsoorte vingerafdrukke (al wissel dit van mens tot mens). 

vingerafdrukke
Van links: Die boog (die seldsaamste van die drie), die lus en die draaikolk.

Jou vingerafdruk

So werk vingerafdrukherkenning

Wanneer die vinger op die skandeerder gedruk word, karteer die sensors die piepklein riwwe en dale van jou vingerafdruk. Die leser registreer spesifieke kenmerke wat deur die riwwe en dale gevorm word wat as minutiae bekendstaan. Die stelsel gebruik die punte om ’n patroon te karteer wat uniek is aan jou.

Biometrika
Vingerafdrukherkenning.

Jou gesig

So werk gesigsherkenning

Gesigsherkenningsagteware behandel ’n mens se gesig soos ’n patroon. Dit karteer bakens, wat nodusse genoem word, op spesifieke plekke – soos die breedte van jou neus of die afstand tussen jou oë.

Die verskille tussen die areas word dan in ’n unieke kode omgeskakel – soos jou eie gesigsafdruk. Die sagteware sinchroniseer die unieke gesig-ID met jou besonderhede en bêre dit sodat jy die stelsel kan oopsluit deur net daarna te kyk.

Biometrika
Gesigsherkenning.

Jou iris

So werk irisherkenning

Soos ’n digitale kamera gebruik die skandeerder lig om ’n duidelike hoëkontrasfoto van jou iris, die gekleurde deel van jou oog, te neem.

Jou unieke kode word gebêre om jou in staat te stel om die stelsel oop te sluit die volgende keer wanneer jou iris geskandeer word.Die stelsel ontleed dan die unieke patrone in die iris en skakel dit in ’n kode om.

Biometrika
Irisherkenning.