Die leeu is die tweede grootste lid van die katfamilie; net die tier is groter. Tog word die leeu in fabels en legendes dikwels die koning van die oerwoud ge- noem.

Saam met die renoster, olifant, luiperd en buffel is die leeu ook deel van die Groot Vyf. In die volgende vier uitgawes van Huisgenoot leer ons jou meer oor die ander vier, maar dié week bied ons ’n dieptekykie na die leeu.

Waar in Afrika kom leeus voor? 

Die leeu word in Suid-Afrika, Angola, Botswana, Mosambiek, Tanzanië, Suid-Soedan en ander dele van Sentraal-Afrika suid van die Saharawoestyn aangetref.

Stert

  • Help leeus hul balans behou en kommunikeer wanneer hulle jag.
  • Kan ’n leeu se luim verklap. As ’n leeu sy stert rondswiep, kan jy moeilikheid verwag.
  • ’n Wyfie lig haar stert op as sy wil hê haar welpies moet haar volg.

Hoe groot is leeus?

Leeus weeg gewoonlik tussen 120 en 190 kg en die mannetjies is sowat 3 m lank van kop tot stert. Die wyfies is effens kleiner en word tot 2,1 m lank

Deursneemens: 1,7 m

Mannetjie hoogte: 1,5 m

Wyfie hoogte: 1 m

Kitsfeit
Leeus leef 12 jaar lank in die natuur, maar kan in ’n dieretuin of wild­reservaat tot 25 jaar 
oud word.

Bene

Danksy die sterk spiere in hul bene kan hulle tot 10 m ver spring om hul prooi plat te trek.

Pote 

’n Leeu se pote is baie soortgelyk aan dié van huiskatte, met intrekbare naels wat hulle help om saggies te beweeg. Die naels bestaan, nes dié van ’n mens, uit keratien.

Ore

Leeus kan hul ore in verskillende rigtings spits om beter te hoor. Hulle kan hul prooi van sowat 1,5 km ver af hoor.

Het jy geweet?
Die brul van ’n volwasse leeumannetjie kan tot 8 km ver gehoor word.

Maanhare 

Die maanhare begin by mannetjies ontwikkel wanneer hulle ’n jaar oud is. Dit be-skerm hul kop en nek wanneer hulle veg.

Tong

’n Leeu se tong is so grof soos skuurpapier sodat hulle vleis van bene kan afskraap en hulself maklik skoon kan hou.

Tande

Leeus se slagtande kan tot 7 cm lank word. Hulle gryp en skeur hul prooi daarmee.

Snorbaarde

Elke snorbaard spruit uit ’n swart kol op die leeu se snoet wat ’n unieke patroon vorm. Die snorbaarde word gebruik om hul omgewing te ondersoek.

’n Leeu se sig snags is ses keer so goed as dié van mense.

Die welpies 

Jong leeus word welpies genoem. Hulle begin op drie maande vleis eet en op een jaar saam jag. Sodra die volwasse leeus klaar aan die karkas ge-vreet het, is dit die welpies se beurt.

’n Wyfie kry een tot vier welpies op ’n slag nadat sy sowat 110 dae dragtig was. Welpies kan begin paar wanneer hulle sowat drie jaar oud is.

Hoe vang leeus hul prooi? 

Die wyfies doen die meeste van die jag-werk. Hulle is gewoonlik groter en vinniger as hul prooi, maar nie wafferse jagters nie.

Sowat twee uit drie pogings om prooi te vang is onsuksesvol. Dus jag hulle amper altyd in ’n groep om hul kans te verbeter. Leeus jag meestal saans of in die koeler tye van die dag.

Hulle kan sowat 80 km/h oor kort afstande hardloop, maar verkies om so naby moontlik aan hul prooi te kom voor hulle aanval. Wanneer ’n leeu sowat 30 m ver van haar prooi is, sal sy dit begin jaag.

Die ander leeus in die groep sal die prooi vanuit ’n ander rigting in ’n halfsirkelformasie begin jaag om dit af te sonder en aan te val. Wanneer leeus kleiner prooi jag, probeer hulle dit van balans bring deur dit van agter af te bespring.

Groter prooi probeer hulle so vinnig moontlik plattrek en doodmaak deur van die kant af aan te val. Hulle probeer die prooi se nek breek en dit versmoor deur die bek en neusgate in hul kake te hou.

Volwasse leeus vreet sowat 5-7 kg vleis per dag, maar kan tot 25 kg verorber.

Het jy geweet?
Afrikaleeus kan in die meeste gebiede oorleef, maar kom hoofsaaklik op gras- velde voor. 

Die trop 

Leeus is die enigste lede van die katfamilie wat in ’n sosiale groep bly. ’n Trop bestaan meestal uit twee of drie mannetjies en sowat 12 wyfies.

Jong mannetjies verlaat die trop om hul eie een te begin, maar wyfies bly gewoonlik agter en die meeste is dus aan mekaar verwant. Die mannetjies beskerm die trop se welpies en gebied, terwyl dit die wyfies se taak is om te jag.

Bronne: www.natgeokids.com, www.nationalgeographic.com, africageographic.com, animalfactguide.com, www.livescience.com, www.longleat.co.uk, lionalert.org