Waterbesparing

Ons is afhanklik van die natuur en verskeie natuurlike hulpbronne om te oorleef.

Omgewingsbewaring begin by elkeen van ons – van papiere optel tot om water slim te gebruik. Ons het water nodig vir oorlewing, maar ons gebruik dit ook daagliks vir baie ander dinge.

Dink daaraan: Soggens was jy jou gesig, jy borsel tande en dan gebruik jy ook nog water om jou klere te was. Om nie eens te praat van in die swembad baljaar nie!

Die afgelope paar jaar het ons opnuut besef hoe kosbaar water is as gevolg van die voortdurende droogte in ons land. In hierdie artikel kyk ons spesifiek hoe jy die omgewing kan bewaar deur water te bespaar en hoekom dit belangrik is om bome te plant. Water word op baie verskillende maniere gebruik.

Dit is noodsaaklik vir die groei van gewasse en behoud van voedselsekerheid in ons land. Water is ook noodsaaklik vir besighede en fabrieke – dink aan die mynbou- en seevaartsektor. Dit word ook gebruik om elektrisiteit op te wek en geboue te verkoel.

Draai krane styf toe – druppende krane vermors water. Foto: Gallo Images/Getty Images

Hoewel byna 72% van die aarde se oppervlak deur water bedek word, is minder as 2% van dié water geskik vir menslike gebruik.

Die grootste deel van die water is natuurlik seewater (soutwater), wat slegs deur duur prosesse ontsout kan word vir byvoorbeeld drinkwater. Reënwater bly ’n belangrike bron vir veral drinkwater en besproeiingsdoeleindes.

Bespaar so water

Aangesien Suid-Afrika ’n waterskaarse land is, is dit veral belangrik dat ons water moet bespaar. Dit is eintlik baie maklik om dit tedoen. Ons kan water slim gebruik en sodoende seker maak daar is nog vir baie geslagte water. Hier is ’n paar wenke wat jy daagliks kan gebruik om water te bespaar.

Moenie die water laat loop wanneer jy tande borse
Moenie die water laat loop wanneer jy tande borsel nie. Gebruik eerder ’n beker om jou mond mee uit te spoel.

1. Draai die kraan styf toe. Die kraan moenie drup nie. ’n Kraan wat teen ’n stadige tempo van 10 druppels per minuut drup, kan tot 3 L water per dag vermors.

2. Maak seker jy draai die kraan toe wanneer jy tande borsel. Moenie die water laat loop nie.

3. Stort blitsvinnig eerder as om te bad. Spoel jouself vinnig af, en wanneer jy seep aansmeer en was, draai die kraan toe. Draai eers weer die kraan oop wanneer jy jouself klaar gewas het en die seep wil afspoel.

Dra jou klere meer as een keer voor jy dit was.
Dra jou klere meer as een keer voor jy dit was. Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Kry emmers. Wanneer dit reën, vang die water op. Plaas emmers buite die huis, maar verkieslik onder ’n geut of ’n plek waar water afloop. Gebruik die water om bome en plante in die tuin of straat nat te maak. Jy kan ook ’n emmer in die stort sit om stortwater op te vang. Gebruik dit om die huisplante nat te maak of om die toilet te spoel.

5. Was jou klere spaarsamig. Jou klere hoef nie elke dag gewas te word nie. Jy kan ook jou hemp of broek meer as een keer dra.Draai krane styf toe – druppende krane vermors water.

Vang reënwater op en gooi die tuin daarmee nat op droë dae.Dra jou klere meer as een keer voor jy dit was.Moenie die water laat loop wanneer jy tande borsel nie. Gebruik eerder ’n beker om jou mond mee uit te spoel.

Foto: Gallo Images/Getty Images
Vang reënwater op en gooi die tuin daarmee nat op droë dae. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die kweek van bome en plante

Die kweek van bome en plante is noodsaaklik. Bome en plante verbeter die gehalte van die omgewing wanneer dit koolstofdioksied (CO2) inneem en suurstof vrystel.

Dit vorm ook kos en habitats vir baie dierspesies en kan selfs die omgewing waarbinne jy woon, afkoel wanneer die blare sonlig absorbeer. Plant daarom bome, struike en blomplante.

’n Onlangse neiging is die plant van spekbome, ’n plant wat net in Suid-Afrika voorkom.

Van die entrepreneurs wat gehelp het om spekbome v
Van die entrepreneurs wat gehelp het om spekbome vir die reusedoolhof op Stellenbosch te kweek: Van links is Derek Zingela, Loyiso Rosha, Peter Shrimpton, Rekai Mapenda en Valentine Kangura.

Spekbome

Dié vetplantspesie kom natuurlik voor in semiwoestynagtige gebiede. Dit het net sowat 250 tot 350 mm water per jaar nodig om te oorleef. As jy in ag neem dat Johannesburg se gemiddelde reënval 605 mm per jaar is, met Kaapstad op 788 mm per jaar, sal jy sien ’n spekboom het inderdaad bitter min water nodig.

Daar is drie verskillende spekboomspesies en elkeen kan aan hul heldergroen blaartjies uitgeken word. Spekbome is maklik om aan te plant en te versorg en het ’n lang lewensiklus.

Dis ’n waardevolle voergewas vir plaasdiere en inheemse wildspesies, terwyl mense die blaartjies ook in slaaie gebruik.

Die wortelstelsel van ’n spekboom kan help om erosie te voorkom. As jy dors is, kan jy aan die blare suig vir vog. ’n Spekboom se fyngedrukte blare kan ook help vir insekbyte en sonbrand.

Die aktrise Pascal Pienaar het al meer as 900 spek
Die aktrise Pascal Pienaar het al meer as 900 spekbome geplant.

Die spekboom en omgewingsbewaring

’n Belangrike funksie, en iets wat bydra tot dié plantspesie se waarde, is sy vermoë om koolstofdioksied (CO2) maklik te absorbeer en as suurstof vry te stel.

Een hektaar spekbome kan tussen 4 en 10 ton CO2 absorbeer en dit in suurstof omskakel. Dit is 10 keer so effektief as ’n tropiese reënwoud. Met die verhoging van menslike aktiwiteite word die vlak van CO2 wat vrygestel word, verhoog.

Dit dra by tot aardverwarming. Ons is daarvan afhanklik dat die natuur hierdie CO2 sal absorbeer en weer in suurstof sal omskakel. Spekbome word gesien as die ideale teenvoeter vir aardverwarming.

Daarom is daar verskeie pogings om dié eg Suid-Afrikaanse plantspesie in groot maat te plant. Een so ’n voorbeeld is die plant van ’n doolhof wat net uit spekbome bestaan op Stellenbosch in die Wes-Kaap.

Dit sal eindelik uit 90 000 spekbome bestaan met ’n oppervlak van 230 x 230 m.

#SpekboomChallenge

Jy kan jou eie spekboom binne net ses weke laat groei en so deel word van die spekboom-uitdaging.

Volg hierdie maklike stappe:

  • Sny ’n takkie van ’n spekboom af en laat dit sowat twee dae effens uitdroog.
  • Plaas die takkie in sanderige grond en gee dit ’n bietjie water.
  • Sit die plant op ’n warm plek, vermy direkte sonlig en gee dit een keer elke twee weke ’n bietjie water.
  • Binne 4 tot 6 weke sal jy ’n klein spekboompie hê. So kan jy deel word van ’n generasie wat bydra tot omgewingsbewaring.
  • Van die entrepreneurs wat gehelp het om spekbome vir die reusedoolhof op Stellenbosch te kweek: Van links is Derek Zingela, Loyiso Rosha, Peter Shrimpton, Rekai Mapenda en Valentine Kangura.

Die aktrise Pascal Pienaar het al meer as 900 spekbome geplant. het jy geweet? Aardedag is jaarliks op 22 April. Op hierdie dag word daar wêreldwyd op die beskerming van die omgewing gefokus. Dit is in 1970 ingestel en word elke jaar in meer as 193 lande gevier.

Vind nog uit oor hoekom bome so belangrik vir ons omgewing en planeet is.

Kopie: Cum Laude Media; Bronne: uir.unisa.ac.za, cer.org.za, journals.co.za, netwerk24.com, nation.com.Pks, gov.za, climatecentral.org, plantr.co.za, goodthingsguy.com, erplumbing.com, usgs.gov, livescience.com, westerncape.gov.za