1. 

Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

  • Laat jou pas geverfde naels 1 minuut normaal droogword.
  • Doop dit dan 3 minute in yswater.
  • Jou naels sal nog nie droog wees nie, maar die koue water sal dit vinniger laat droog word. 
2.
 Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Jy is uit, en toe jy na jou hande afkyk, besef jy jou naelvliesies lyk verniel.
  • Masseer bloot lipsalf of petroleumjellie aan jou naelvliesies om dit gesond te laat lyk.  

3.

hair and beauty
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Ná ’n lang dag is die verwydering van jou grimering die laaste ding waarvoor jy lus voel.
  • Hou ’n pak grimeringverwyderingslappies langs jou bed sodat jy jou grimering maklik kan verwyder voor jy aan die slaap raak.

4.

Macro of eyelash curler and false eyelashes isolat
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Dit hoef nie tydrowend te wees om strookwimpers aan te wend nie.
  • Nadat jy jou strookwimpers aan jou wimperlyn vasgeplak het, gebruik ’n wimperkruller soos jy maak om jou wimpers te krul.
  • Dit sal die wimpers gou in posisie druk en vasheg.

5.

Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Wend kohl-omlyner aan die metaaldeel van jou wimperkruller wat veronderstel is om op jou wimperlyn te kom.
  • Gebruik jou wimperkruller soos gewoonlik; dit sal die omlyner op jou wimperlyn afdruk.
  • Twee vlieë met een klap. 

6.

Woman trying new beauty viral trend. Woman applyin
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • As jy krullerige wimpers het, kan dit ’n bietjie morsig en tydrowend raak om maskara daaraan aan te wend.
  • Hou met jou een hand ’n lepel oor jou ooglid sodat die agterkant daarvan aan die buitekant en die binnedeel van die lepel op jou ooglid is.
  • Die rand van die lepel behoort reg op jou wimperlyn te wees sodat jou wimpers oor die lepel is.
  • Wend maskara met die ander hand aan. 

7.

Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Jou naellak skilfer af en jy’t nie tyd om die hele nael oor te verf nie.
  • Verf blinkertjie­naellak oor die afgeskilferde naellak.
  • Dit sal die afgeskilferde deel bedek, naelkuns skep en die aanwending nog langer laat hou.
  • Blinkertjienaellak raak ook vinniger as gewone naellak droog. 

8.

Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • As jy te lui is om jou hare te krul om golwe te kry, vleg bloot jou hare in ’n bonkige vlegsel voor jy gaan slaap.
  • Maak die oggend die vlegsels los vir golwende hare.
  • Spuit glans­serum vir glansende hare.

9.

Blond woman using hairspray in font of mirror.
Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Spuit ’n bietjie hou- of haarsproei aan ’n ou tandeborsel en gebruik dit om weerbars­tige wimpers in posisie te borsel.
  • Dit werk ook vir wegstaanhare.
  • Dit kan die laaste ding wees wat jy doen voor jy uit die huis draf.

10.

Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images


  • Dit verg tyd en moeite om kontoere aan jou neus te skep.
  • Doen dit doeltreffend en in die helfte van die tyd deur jou kontoerproduk aan die agterkant van die punte van jou haartangetjie aan te wend, dit weerskante van jou neus af te trek en dan in te skakeer.
  • Dit sal die perfekte kontoerlyne skep.

EKSTRA BRONNE: goodhousekeeping.co.za, cosmopolitan.com, healthywomen.org