Om jou naels tuis geverf te kry is byna dieselfde as om jouself by die salon te bederf; want wat mooimaak en selfsorg betref, is tyd die grootste vyand.

Vars geverfde naels is een van die dinge wat enige vrou goed en bederf laat voel. As jy binnekort ’n uitstappie na die salon beplan of sommer self jou naels tuis wil takel, is hier 10 van die oulikste nael trends. 

1. Sag, maar helder

Sagte skakerings van perske of sagte pienk bly maar eenmaal ’n gunsteling. Die naelkleur pas by byna enige uitrusting. Dié kleur beklemtoon ook kort naels en laat die natuurlike nael groter voorkom. 

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Ligte rooi

Rooi is een van die klassieke kleure wat nie sommer gou uit die mode sal gaan nie en dieselfde geld vir rooi naels. Ligter skakerings van rooi maak die seisoen ’n opwagting en as die regte skakering van rooi pas, kan dié naelkleur baie sjiek wees. 

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Chroom

Chroom naels het in 2017 vir die eerste keer kop uitgesteek en is steeds op rooitapyte en loopplanke reg oor die wêreld te sien. Hoewel die chroom-naelkleur toe net in silwer gedra was, is daar nou van oranje tot roosgoud chroom-naelkleure – en dit lyk pragtig!

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Wees waaghalsig

Die neon gier is tans baie gewild, maar om met helder naels rond te loop val nie in almal se smaak nie. Om rond te speel met neon-patrone op jou naels kan wel baie sjiek en smaakvol lyk.

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

5. Donker

Van donker wynrooi skakerings tot swart, donker naels lyk maar eenmaal baie sexy. Die naelkleur lyk op sy beste in jel-naellak en ’n glansende tekstuur.

As jy nie te donker met jou naelkleur wil gaan nie, kan jy bruin-skakerings probeer. Die kleure is steeds donker, maar sorg vir ’n baie elegante voorkoms. 

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

6. Meng-en-pas

Daar is geen reël wat sê dat jy al jou naels een kleur moet verf nie. Inteendeel, die meng-en-pas of onpaar-naelgier is deesdae baie gewild. Of jy vyf of twee verskillende kleure kies, dis een naelkleur-idee wat geen perke het nie!

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

7. Blou

Wie sou kon dink dat koningsblou so mooi op naels kan lyk? As jy die kleur in ’n mat afwerking probeer, kan jy nie verkeerd gaan nie. Die mat-afwerking gee die kleur 'n sagter voorkoms en lyk mooi met kort of lang naels.

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

8. Ombre 

Ons het nog lank nie die einde van die ombre naelgier gesien nie - en nou kan jy dit selfs op kort naels probeer. Babyboomers, soos die naelgier ook bekendstaan, word deesdae bo ’n Franse manikuur verkies en lyk baie elegant, maak nie saak hoe lank of kort jou naels is nie. 

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images


9. ’n Tikkie glans 

Minder is soms meer, maar hoe pragtig is ’n tikkie glinster by eenvoudige naels? Die naelgier is ook baie gewild en een van die maklikstes om self by die huis te probeer. Waarskuwing: Die naellak is taai om te verwyder. Week jou nael in asetoon as jy glinster-naellak wil verwyder. 

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

10. Sagte geel

Geel is ’n kleur wat dwarsdeur die jaar in die mode is. Jy kan nie verkeerd gaan met sagte geel naels nie, maar as dit nie heeltemal jou smaak is nie, probeer gerus mosterd- of helder geel. 

naels, manikuur
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

  • As jy tuisgeverfde naels verkies, deel ons vyf behulpsame wenke om jou naellak langer te laat hou.