Die somertyd is die een seisoen wat nie die beste vir jou hare is nie, want meer tyd word in die swembad of in die gimnasium deurgebring en daarna word jou hare gewas en drooggeblaas.

Hitte en chemikaliëe in die swembad is hare se nommer een vyand, dus is dit belangrik om jou hare ten alle tye behoorlik teen die elemente te versorg en te beskerm.

Ons deel tien huishoudelike produkte wat ingespan kan word om hare nuwe lewe te gee. 

1. Appelasyn

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Appelasyn kan vir byna enigiets gebruik word, maar wie sou kon raai dat die produk jou hare kan laat blink en nuwe lewe gee? Probeer hierdie appelasyn masker. 

Maak so 

Meng 1 teelepel appelasyn met 2 eetlepels olyfolie en 3 eierwitte. Vryf die mengsel in jou hare en bedek met ’n stortpet. Was die mengsel af en sjampoe jou hare. 

2. Bier

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy daarvan hou om bier te drink, is hierdie skoonheidskunsie net vir jou.

Bier werk net so goed vir jou hare soos ’n goeie opknapper. Die suiker in die bier verskaf suiker en proteïene aan beskadigde hare en help om gesplete punte te beheer. Dit help ook met die volume van die hare. 

Maak so

Maak seker die bier is gasloos as dit vir jou hare wil gebruik. (Gasserige bier mag dalk jou hare beskadig). Na jy dit met sjampoe gewas het, was daarna jou hare met die bier. Hou dit in jou hare vir ongeveer twee tot drie minute. Spoel dit deeglik af. 

3. Botter

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vergeet van botter op jou brood. Smeer dit sommer aan jou hare! Hoewel dit na ’n lawwe idee klink, maak botter vaal en droë hare mooi blink. 

Maak so

Neem ’n teelepel botter en masseer dit in jou hare. Bedek jou hare met ’n stortpet vir sowat 30 minute. Was jou hare daarna met sjampoe en spoel die botter deeglik uit jou hare. 

4. Papaja

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die heerlike vrug bevat foliensuur wat een van die belangrike komponente vir ’n gesonde kopvel en haargroei is. Papaja bevogtig haarfollikels en voorkom gesplete punte en ongewenste krullerige hare. 

Maak so

Meng sowat ’n kwart papawer met ’n halwe koppie jogurt om ’n dik pasta te maak. Smeer dit aan jou hare en wag vir ongeveer 30 tot 45 minute. Spoel dit daarna met koue water af. 

5. Heuning

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Heuning kan vir byna enigiets van ’n seer bors tot ’n gesonde alternatief vir suiker gebruik word, maar hare is een van die goed waarvoor heuning waarlik goed is.

Heuning bevat olie wat sorg dat die kopvel bevogtig bly. Dit help selfs om die kopvel skoon te hou as gevolg van die anti-bakterie wat heuning bevat. 

Maak so

Meng ’n bietjie heuning met wrongel (curd) of olyfolie en twee eiergele. Smeer die mengsel aan jou hare en kopvel en los aan jou hare vir sowat 20 tot 25 minute voor jy dit afwas. 

6. Olyfolie

olyolie
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Olyfolie sit die glans terug in vaal hare. Wees wel baie versigtig om die proses nie te veel na mekaar te herhaal nie. 

Maak so

Maak ’n halwe koppie olyfolie warm – moet dit nie kook nie. Vryf die warm olie van die wortels tot die punte van jou hare. Draai jou hare met plastiek toe en sit ’n handdoek bo-oor. Wag vir sowat 45 minute voor jy dit afspoel.  

7. Kokosneutolie

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy beskadigde hare het, veral as dit dik en swaar is, is kokosneutolie die beste oplossing vir jou. 

Maak so

Verdun die kokosneutolie met water en smeer dit deeglik aan jou hare. Bedek jou hare met ’n warm handdoek en laat toe vir die kokosneutolie om behoorlik te werk. Hou dit vir sowat 15 tot 20 minute op en spoel af. Volg die proses op deur jou hare met sjampoe te was. 

8. Eiergeel

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Maak ’n omelet vir jou hare! Eiergeel bevat proteiëne wat help om die proteiëne in jou hare te herstel. 

Maak so

Meng twee eiergele met ’n bietjie sjampoe en smeer die mengsel aan jou droë hare. Los vir 5 minute voordat jy dit afspoel. 

9. Tee

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Het jou hare sy glans verloor? Spoel dit met tee af! Die kunsie kan jy oor en oor gebruik en dis ’n goedkoop alternatief vir mooi, blink hare.

Omdat tee haarkleur beïnvloed, word normale, swart tee vir brunette aangeraai en blondines kan kamilletee gebruik. Die brousel help ook vir gesplete punte. 

Maak so

Brou genoeg tee vir dié proses. Spoel jou hare daarmee af net ná jy jou normale sjampoe-roetine voltooi het. 

10. Avokado 

botter,skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy nie daarvan hou om avokado te eet nie, sal jy dit beslis geniet as een van die beste skoonheidskunsies vir hare. Baie duur haarprodukte bevat avokado om te help met erg beskadigde hare. Avokado herstel beskadigde hare en sorg vir ’n pragtige, gesonde bos hare. 

Maak so

Meng ’n ryp avokado met een eiergeel en smeer die mengsel aan nat hare. Los dit vir sowat 20 minute aan jou hare en spoel ’n paar keer, deeglik af. 

Bronne: Readersdigest.com, Lifehack.org, Foodndtv.com