1. Natuurlike kleur

Bly binne twee skakerings van jou natuurlike kleur, is die raad van Kari Hill, ’n haarkleurspesialis vir die skoonheidsmaatskappy L’Oréal.

Uiterste kleurveranderings vereis ver­skeie prosesse wat beter is om in die hande van ’n beroepshaarstilis te laat; moet dus nie te ambisieus raak wanneer jy dit self doen nie.

2. Skakering

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Beproef jy ’n nuwe skakering? Toets dit eers op ’n versteekte stukkie hare om seker te maak jy kry nie ­later ’n nare verrassing nie.

Wend die kleursel aan die hare aan, vee dit af nadat die aangewese tyd verby is en druk die hare droog.

Om ’n akkurate idee van die kleur te kry, bekyk die gekleurde stukkie in natuurlike lig.

3. Toets

Party mense het reaksies op haarkleur; doen dus twee dae vooraf ’n koltoets. Wend ’n klein hoeveelheid van die kleurroom met ’n wattestokkie agter jou oor aan en los 48 uur. Moenie voortgaan as jy reaksies soos ?’n gejeuk, rooiheid of swelling toon nie.

Moenie jou hare was in die 48 uur voor jy gaan kleur nie – die natuurlike olies help die kleurmiddel om makliker te bind.

4. Toerusting

Kry al jou toerusting, byvoorbeeld handskoene, gereed voor jy begin sodat jy nie in die middel van die proses hoef te stop en daarvoor te soek nie. Maak seker jy lees al die aanwysings op die verpakking vooraf, sê Kari.

5. Beplanning

Bedek enige oppervlak om jou met koerante of swartsakke en dra ’n ou T-hemp, verkieslik een wat jy bereid is om weg te gooi.

Maak seker die hemp het knope of ’n ritssluiter sodat jy dit nie oor jou kop hoef te trek wanneer jy klaar is nie.

6. Verhoed vlekke

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Wend petroleumjellie of opknapper aan jou haarlyn, ore en nek aan voor jy kleur om te keer dat jou vel vlek. Jy kan ook jou lip-salf langs jou haarlyn aanwend omdat die klein houertjie akkurate aanwending bevorder, sê Kari.

7. Verdeel jou hare

Vir maklike aanwending, gebruik ’n kam om jou hare in vier of ses, afhangend van die dikte, dele te verdeel.

Wend die kleur aan jou hare aan en breek elke deel in kleiner deeltjies op terwyl jy werk – dit sal jou kleur­aanwending egaliger maak. Gebruik jou handskoenbedekte vingers om die kleursel in jou hare in te werk.

Omdat wortels die meeste kleur en tyd benodig, wend die kleursel eerste daar aan en kam dit dan deur die res van die hare om dit te versprei.

8. Grys hare

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy baie grys hare het, is dit die beste om die kleursel vir die maksimum aanbevole tyd aan te los. Moet nooit kleursel oornag aanhou nie – dit sal jou hare uitdroog en kan ernstige velirritasie veroorsaak.

9. Stortpet

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

Bedek jou kop met ’n weggooi­bare stortpet sodra die kleursel aan is om te verhoed dat dit drup en jou omgewing bevlek.

10. Afspoeltyd

Wanneer die aangeduide tyd verby is, spoel jou hare met warm water af tot die water skoon is.

Moenie paniekbevange raak as jy baie kleur sien nie – dis doodnormaal. Wag minstens een uur voor jy jou hare met sjampoe was.

BRONNE: COSMOPOLITAN.COM, WIKIHOW.COM, GOODHOUSEKEEPING.COM, OPRAH.COM
ONS DOEN ONS BES OM GOEIE RAAD SAAM TE STEL, MAAR JY BEPROEF DIÉ WENKE OP JOU EIE RISIKO. HUISGENOOT AANVAAR NIE VERANTWOORDELIKHEID VIR ENIGE SKADE OF BESERING WAT DAARDEUR VEROORSAAK IS NIE.
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.