Projek 1
Kleihouers
Jy benodig
Potlood, liniaal, harde karton, skêr, modelleerklei, bakpapier, glasbottel, nutsmes, skuurpapier en sterk lym.
Stap 1
Teken ’n vierkant vir ’n huisie en ’n driehoek vir die dak op die karton.
Teken ’n reghoek wat dieselfde hoogte as die kant van die huis is om ’n muur te skep.
Teken ’n reghoek wat dieselfde breedte as die muur is en 1,5 cm korter as die lengte van die huis om ’n vloerstuk te skep.
Knip dit uit en gebruik as stensils (stap 3).
Stap 2
Knie die klei tot dit sag is en rol dit in ’n balletjie.
Plaas dit op bakpapier en rol dit met ’n glasbottel plat tot dit 7 mm dik is.
Stap 3
Plaas die stensils op die klei en sny dit uit.
Herhaal om twee huisvorms, twee mure en een vloer te skep.
Laat dit droog word volgens die aanwysings op die verpakking.
Stap 4
Skuur die rande wanneer dit droog is om te verseker dat dit reguit en glad is.
Stap 5
Gom ’n muur aan die binnekant van die twee huisvorms vas.
Hou vas tot dit droog is.
Stap 6
Gom die vloer en dan die ander muur vas en laat dit droog word.
Projek 2
Blikplanthouers
Jy benodig
Verfblikke, boor, potgrond, grafie, klein klippies, potplante, materiaal, lint, tou en mooi papier
Stap 1
Keer die blik om en boor dreineringsgate in die bodem.
Stap 2
Draai die blik weer regop. Pak die bodem met ’n lagie klippies toe (vir dreinering) en skep dan grond in.
Stap 3
Haal die plant uit sy plastiekpot en plant dit in die blik.
Vul die grond tot amper bo en druk stewig om die plant vas.
Stap 4
Versier jou blikke na hartelus.
Ons het lap en mooi papier gebruik waarvan party met tou en lint vasgebind is.
- Kom neem deel aan die gesprek. Volg Huisgenoot op Instagram, Twitter, Facebook en WhatsApp en teken in op ons nuusbriewe.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET