Brons

Foto: Peet Mocke

Stap 1

As jy ’n basislaag aanwend, sal jou grimering langer aanbly. Dit maak dit makliker om die oogskadu te skakeer. Gebruik ’n verbloemer onder die oë en aan die ooglede. Dis die vertrekpunt dié en kan werk vir albei voorkomste.

Stap 2

Tik verligter liggies aan die ooglede, wangbene en T-sone.

Stap 3

Skep kontoere om die gesig vorm te gee; vul dan die wenkbroue in.

Stap 4

Gebruik ’n goudkleurige room-oogskadubasis. Dit sal die goud meer laat uitstaan wanneer jy die poeieroogskadu aanwend. Wend bronskleurige blinkertjies net onder jou wenkbroubeen en goue blinkertjies aan jou ooglid aan.

Stap 5

Wend ’n brons verligter aan die wange aan.

Stap 6

Gebruik ’n bleek lipomlyner en dan ’n bleek lipstif.

Stap 7

Wend verligter aan die wenkbroubeen, wangbene, die middellyn van die neus en die kupidoboog aan.

Produkte

Catrice Velvet Matt Lip Cream in 010 Simply Natural Perfection R69,95
Catrice The Ultimate Chrome Collection Eyeshadow Palette R99,95
Essence Metal Art Lip & Eye Liner in 03 Copy Right R64,95
Catrice Sun Lover Glow Bronzing Powder R99,95
L.O.V LIP­affair Colour & Care Lipstick in 500 Sina’s Nude R229,95

HELDER

Foto: Peet Mocke

Volg Stappe 1-7 hierbo, verander net die grimering vir jou wange, oë en lippe.

Wange

Wend bronspienk verligter of blosser aan.

Gebruik ’n warmbruin oogskadu in die vou van die oog en vaalbruin aan die ooglid se hoek. Tik verligter aan die binnehoek van die oog aan en wend daarna verbronser aan oor die ooglid.

Lippe

Wend ’n wynrooi lipstiffie aan – helder lippe is ’n uitstekende keuse vir enige parytytjie.

Wenk
Om te verhoed dat jy gedurig lipstiffie moet opknap en dit sodoende opgebruik, hou ’n sneesdoekie oor jou lippe en tik deursigtige poeier daaraan om die kleur te set.

Produkte

Catrice Soleil d’Ete Duo Highlighter R104,95
NYX Ultimate Shadow Palette in Warm Neutrals R189,95
L.O.V PERFECTitude 3in1 Prime & Fix Spray R247,95
Elizabeth Arden Plush Up Gelato in Red Velvet R295
Essence Vibrant Shock Lip Paint in 03 Red Viper R69,95

Model: Lily C van Twenty Model Management; Grimering: Sian Bianca Moss van One League Management

Kry dit hier

Catrice (DIS-CHEM 0800-201-170); Elizabeth Arden 021-597-1700; Essence (DIS-CHEM 0800-201-170); L.O.V (DIS-CHEM 0800- 201-170); NYX (CLICKS 0860-254-257)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.