Voorkoms 1

Elegant opgekam

skoonheid
Foto: Papi Morake
Foto: Papi Morake

Dun hare kan nog dunner lyk in ’n opgekamde styl, maar voorafgekrulde hare of ’n aanknip-haarverlenging sal ’n voller opgekamde styl skep.

STAP 1

Wend ’n hittebeskermingsproduk aan jou hare aan. Gebruik ’n krultang om al jou hare te krul. Laat die hare afkoel en trek jou vingers daardeur om die krulle los te maak.

Foto: Papi Morake

STAP 2

Skei ’n klein seksie hare aan die voorkant van jou kop van die res. Bind die res in ’n los bolla agter of na die kant van jou agter- kop vas. Jou hare moet los vasgebind wees sodat die krulle volume kan skep. As jy dit te styf vasbind, sal jy volume verloor.

Foto: Papi Morake

STAP 3

Maak ’n kantpaadjie met die hare wat jy aan die voorkant van die res geskei het. Vat klein seksies op ’n slag en steek jou hare lossies agtertoe sodat dit sagte slierte aan die kante skep.

Voorkoms 2

Bolla Bo

Foto: Papi Morake
Foto: Papi Morake

Bly weg van produkte wat jou hare sal afrem, soos swaar olies en jels. Gebruik produkte soos volumegewende mousse of poeier.

STAP 1

Wend eers ’n hittebeskermingsproduk aan en wend dan droë sjampoe by jou haarwortels aan. Skei die hare bo-op jou kop deur ’n puntkam te gebruik.

Foto: Papi Morake

STAP 2

Gebruik ’n dun haarrekkie en maak die hare vas wat jy op jou kop geskei het. Draai dit om die rekkie om ’n bolla te vorm en steek dit met ’n haarnaald vas.

Foto: Papi Morake

STAP 3

Gebruik ’n krultangen krul die res van jou hare aan die agterkant om los golwe te vorm. Rond jou voorkoms af met haarsproei om die krulle in posisie te hou.

Voorkoms 3

Kroon vlegsel

Foto: Papi Morake
Foto: Papi Morake

STAP 1

Wend ’n volumegewende mousse of jel aan. Maak ’n kantpaadjie van voor tot heel agter. Maak ’n plat vlegsel aan die een kant en vleg tot aan die einde. Bind vas.

Foto: Papi Morake

STAP 2

Vleg aan die ander kant van jou kop die hare wat jy van die res geskei het tot aan die einde en bind met ’n klein haarrekkie vas.

Foto: Papi Morake

STAP 3

Vou een vlegsel om jou kop en steek die punt met ’n haarnaald vas. Herhaal met die ander een, maar in die teenoorgestelde rigting. Rond dit af met haarsproei.

Foto: Papi Morake

  • Hare en grimering: Kelly-Jean Gilbert
  • Model: Megan van Blaze model management