Hemelhoog

hemelhoog
Foto: ER Lombard

Die uiters hoë poniestert word nou gereeld op die rooitapyt gesien, met glansmense soos die werklikheidster Kim Kardashian en model Hailey Bieber wat ons wys hoe om dié voorkoms te dra.

STAP 1

Smeer opknapper aan die wortels van jou hare om dit glad te hou, en borsel dit egalig agtertoe om dit vas te maak.

STAP 2

Borsel jou hare so hoog moontlik op en bind dit dan vas. Maak dan die voorkant glad en borsel die stert.

STAP 3

Vat ’n seksie op ’n slag en krul die seksies van die stert met ’n krul- of stryktang. Hou aan tot jy al die hare gekrul het. Laat die hare afkoel en borsel dit met jou vingers of ’n wyetandkam uit.

STAP 4

Rond af met haarsproei.

Borrelend

skoonheid
Foto: ER Lombard

’n Borrelponiestert is wonderlik vir alle haarsoorte. Dit is maklik om reg te kry en daar is verskeie maniere om dit te dra.

skoonheid
Foto: ER Lombard

STAP 1

Smeer opknapper of ’n stileerroom aan die wortels van jou hare. Verdeel dan die hare in ’n boonste, middelste en onderste seksie.

STAP 2

Bind elke seksie vas sodat jy drie klein poniesterte het. Begin by die boonste een, neem ’n klein seksie hare, draai dit om die basis van die poniestert en steek dan die punt met ’n knip vas.

STAP 3

Vat die oorblywende deel van die eerste poniestert , draai dit om die basis van die tweede poniestert (die een in die middel) en steek die punt met ’n knip vas.

STAP 4

Vat die tweede ponie- stert en druk dit ’n bietjie uit sodat dit ’n borrel vorm voor jy dit om die derde en laaste poniestert draai. Steek die punt met ’n knip vas. Krul die oorblywende hare met ’n krul- of stryktang.

STAP 5

Rond die voorkoms af met ’n sproei met houkrag. 

Mooi gevleg

skoonheid
Foto: ER Lombard

’n Vlegsel is ’n goeie oplossing as jy goor hare wil verbloem, en dis ’n gerieflike haarstyl vir die gimnasium. Vlegsels skep ook effense golwe, wat ’n voorkoms op sy eie kan wees.

skoonheid
Foto: ER Lombard

STAP 1

Smeer ’n stileerproduk aan wat die hare glad maak en kroeserigheid tem, soos ’n stileerroom of pommade.

STAP 2

Wanneer jy klaar is, borsel jou hare op en bind dit in ’n poniestert vas. Vat ’n klein seksie van die poniestert en draai dit om die haarband om ’n naatlose voorkoms te skep.

STAP 3

Vleg jou oorblywende hare. Bind die vlegsel se punt met ’n dun haarrekkie vas sodat dit nie kan losrafel nie.

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.