As jy goed en elegant wil lyk in ’n wit uitrusting dra, moet jy begin met wit of bleek onderklere. Hier is ’n paar wenke om te verseker jy kry die voorkoms reg.

1. Speel met tekstuur

Meng en pas teksture. Die verskillende stowwe verleen styl en sofistikasie aan ’n wit uitrusting. Hou dit koel en eenvoudig deur dit saam met ’n paar tekkies te dra. 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

2. Dra wit op wit

Let op hoe jou wit items saamwerk. Hulle komplementeer nie altyd mekaar nie, en jy kan skakerings meng, maar maak seker die skakerings werk goed saam om ’n mooi geheelbeeld te vorm. 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

3. Pasmaats

Jy kan nie verkeerd gaan met wit saam met bleek of neutrale items nie – dis eenvoudig prentjiemooi. 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

4. Skep kuns met bykomstighede

Moenie te veel bykomstighede met ’n wit uitrusting dra nie. Hou dit eenvoudig, maar skep kuns daarmee. Probeer ragfyn items vir ’n onderbeklemtoonde dog sjiek voorkoms. Minder is meer. 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images