1. Khloé Kardashian: Sorbet-Franse manikuur

Khloé Kardashian (36) spog gereeld met sjiek kleure en ontwerpe aan haar naels, en dié keer is dit die nuwe sorbet naelontwerp in ’n stilettovorm in akrielvesel.

Die sorbet-Franse manikuur pas by enige naellengte en is een van die gewildste trends wat vanjaar in die skoonheidswêreld te sien is. 

View this post on Instagram

A post shared by Khloe´ Kardashian (@khloekardashian)

2. Irene-Louise van Wyk: 70’s swirls

Dié koningin van pienk laat nie sommer ’n nuwe trend verby haar glip nie. Die sangeres het onlangs ’n oulike kiekie van haar 70’s swirl-naels gedeel en ons is mal daaroor!

Dié nuwe neiging het reeds in 2020 die rondte in die skoonheidswêreld begin doen, maar ons gaan nog lank nie die einde daarvan sien nie. As jy op soek is na ’n vars ontwerp, is dié een vir jou. 

3. Kylie Jenner: Grafiese naelontwerpe

’n Mens kan altyd inspirasie uit die skatryk werklikheidster en sakevrou se naels put. Kylie (23) se nuutste stel naels bevat ’n kombinasie van die gekleurde Franse manikuur met ’n speelse kolle-ontwerp.

Dis uniek en baie gewaagd. Enige grafiese naelontwerp is deesdae hoogmode, so moenie terughou as jy dié naels wil beproef nie. 

4. Boity Thulo: Glimmende Franse manikuur

Die aktrise, sangeres en TV-aanbieder is altyd in die kol wat mode betref. Kyk net daardie asemrowende glimmende manikuur waarmee sy gespog het.

Die ontwerp is eenvoudig, maar terselfdertyd dramaties. As jy dalk binnekort trou en nie weet wat om met jou naels te doen nie, is hierdie naels perfek vir ’n glansryke bruid. 

5. Angelique Potgieter: Natuurlik mooi

Angelique Potgieter se naels is al die inspirasie wat jy nodig het as jy nog oor jou volgende manikuur kopkrap.

Die amandelvormige manikuur in ’n neutrale kleur is pragtig. En om dit nog mooier te maak, is die ringvinger met goue detail afgerond. Beplan jy om binnekort voor die kansel te staan? Dan kan jy beslis die ma van drie se voorbeeld volg.

Wat is gel en akrielvesel?
  • Akrielvesel

Akrielvesel of harde gel word aan die naels gesit om ekstra sterkte en duursaamheid aan die natuurlike naels te gee. Dit kan ook vir ekstra lengte aan die natuurlike nael gebruik word. Akrielvesel is ’n mengsel van vloeistof en poeier en word binne sekondes hard.

  • Gel

Gel aan die anderkant is ’n laag naellak wat net met ’n UV- of LED-lamp drooggemaak kan word.

Ekstra bron: Instagram