'n Tikkie grimering laat jou dalk ekstra mooi voel, maar met dié dat almal nou maskers moet dra wanneer hulle in die openbaar is, is dit ietwat uitdagend om grimering te dra.

Maar dit beteken nie jy moet jou grimeerkwas wegbêre nie. As jy wel grimering saam met jou masker dra, is dit belangrik om seker te maak dat jy mat-tekstuur gebruik en grimering wat geformuleer is om lank aan te bly. 

Hier is vyf maniere om grimering te dra sonder dat jy jou mooi masker of grimering bederf. 

1. Minder opknapper

grimering
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Elke grimeerroetine begin by die eerste laag – en dis opknapper. Dis ’n baie belangrike deel van jou velsorgroetine wanneer jy grimering dra, maar nou is die tyd om minder aan te wend wanneer jy jou masker dra.

Opknapper laat toe dat die onderlaag glad op die vel voorkom, maar laat die vel ook natuurlike olies uitskei om die vel te beskerm. As jy te veel opknapper gebruik sal die grimering onder die masker begin sweet en daaraan afsmeer. 

2. Vermy verbloemer onder jou neus en mond

grimering
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Wat verbloemer betref is die hoofdoel daarvan om slegs daardie ongewenste rooiheid, donker merke of selfs ’n puisie te verbloem, maar pasop vir te veel verbloemer.

Fokus net op die areas rondom jou oë wanneer jy verbloemer aanwend. Dis die doeltreffendste manier om te sorg dat jou verbloemer nie aan jou masker afsmeer nie. 

3. Minder onderlaag

grimering
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die logiese stap is dalk om glad nie onderlaag te dra wanneer jy jou masker dra nie, maar wat as jy dit wel doen?

Die truuk is om areas op jou gesig te identifiseer waar jy voel dat jy 'n bietjie onderlaag kort, maar vermy om dit oor jou hele gesig aan te wend. Dit kan tot een groot gemors en ’n vuil masker lei.

Vermy ook om jou grimering met set-poeier af te rond. Gebruik eerder 'n sproei of wag sowat 10 minute nadat jy jou onderlaag aanwend om jou masker te dra.  

4. Los die blosser

grimering
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Blosser sorg vir daardie perfekte vars voorkoms, maar as jy jou masker dra, voeg dit net nog ’n laag grimering by jou gesig; dus moet jy dit eerder vermy.

Probeer die volgende beginsel volg as jy twyfel: Wat ook al die masker wegsteek, kort nie grimering nie.

Blosser is ook een van die duur komponente van ’n grimeersak, so sien dit as ’n geleentheid om ’n paar sente vir die volgende paar maande te bespaar en nog belangriker, om jou masker skoon te hou. 

5. Vergeet lipstiffie

grimering
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Wat lipstiffie en ’n masker betref is dit dalk ’n goeie idee om jou gunstelingkleur vir eers te bêre. Winter is wel die een seisoen van die jaar waar jou lippe spesiale sorg en aandag nodig het.

Gebruik pleks daarvan ’n lipsalf sonder kleur om te sorg dat jy nie jou masker met lipstiffie bemors nie.  

Hoewel jy die opsie het om glad nie grimering met jou masker te dra nie, is daar geen rede hoekom jy jouself nie af en toe met 'n bietjie grimering kan optof nie.