Bekendes het dit al ’n modeflater genoem om nie rooitapyt-klere weer te dra nie en party het dit al verskeie kere gedoen.

Ons kyk na pragtige rokke waarin glansmense ’n tweede keer op die rooi tapyt gepryk het.

1. Elizabeth Banks

By vanjaar se Oscars het die 46-jarige aktrise en regisseur dieselfde rooi Badgley Mischka-bandjierok aangehad wat sy in 2004 na die tydskrif Vanity Fair se Oscars-partytjie gedra het.

View this post on Instagram

Then (2004) and Now (2020) #recycle #radvocacy

A post shared by Elizabeth Banks (@elizabethbanks) on


2. Jane Fonda 

Die 82-jarige aktrise het by vanjaar se Oscars ’n stelling oor klimaatsverandering gemaak deur ’n bloedrooi Elie Saab-kralerok te dra wat sy in 2014 by die Cannes-rolprentfees in Frankryk aangehad het.

Jane Fonda
Foto's: Instagram en Gallo Images/Getty Images

3. Cate Blanchett

Die Australiese aktrise (50) het in ’n onderhoud met The Hollywood Reporter in 2018 gepraat oor hoe belangrik dit is om jou klere weer te dra.

Sy het gesê: “Veral in vandag se klimaat blyk dit moedswillig en belaglik te wees dat sulke kledingstukke nie gewaardeer en weer gedra word nie.”

Cate Blanchette
Foto's: Gallo Images/Getty Images

4. Kate Middleton

Die hertogin van Cambridge is bekend daarvoor dat sy meer as een keer uitrustings dra. Die 38-jarige ma van drie het onlangs die koppe laat draai toe sy en prins William vanjaar die Baftas-toekenningsaand by die Royal Albert Hall in Londen bygewoon het.

Kate het dieselfde Alexander McQueen-rok gedra wat sy in 2012 op 'n besoek aan Maleisië gedra het.

Kate Middleton
Foto's: Gallo Images/Getty Images

5. Michelle Obama

Die voormalige Amerikaanse presidentsvrou (56) het die weg vir ekovriendelike mode help baan en gewys daar’s niks mee fout om ’n uitrusting weer te dra nie.

Michelle Obama
Foto's: Gallo Images/Getty Images

6. Meghan Markle 

Die hertogin van Sussex (38) is meer as een keer in die jasrok gekiek. Die eerste keer toe die stylvolle vrou van prins Harry die eerste keer in dié uitrusting gekiek is was in 2018, maar sy het die rok later weer tydens hul Afrika-toer in Oktober 2019 gedra.

Meghan Markle
Foto's: Gallo Images/Getty Images

7. Joaquin Phoenix

Die Hollywood-akteur (45), wat Sondagaand met sy eerste Oscar weggestap het vir beste akteur vir sy spel in die fliek Joker, het omtrent aantreklik gelyk in ’n swart Stella McCartney-aandpak. Maar wag, het ons nie die einste pak voorheen op die rooitapyt gesien nie?

Die akteur, wat ook dieselfde pak by die Golden Globes gedra het, het in ’n onderhoud verklap dat hy die pak vanjaar na elke glansgeleentheid toe gaan dra om te help met die aarde se dreigende klimaatskrisis. 

Joaquin Phoenix
Foto's: Gallo Images/Getty Images

8. Laura Dern 

Die aktrise (53), wat 'n Oscar vir beste vroulike byspeler gewen het vir haar rol in Marriage Story, is reeds ’n paar keer in dié swart nommertjie op die rooitapyt raakgesien.

Laura het dié 1017 Alyx 9SM-aandrok vir die eerste keer in 1995 gedra en het dit vanjaar weer afgestof toe sy Vanity Fair se Oscars-partytjie bygewoon het. 

Lauren Dern
Foto's: Gallo Images/Getty Images

Bron: People, The Hollywood Reporter, Harper’s Bazaar, Insider.com, MTV