In die somer is dit reeds ’n groot uitdaging om jou hare droog te blaas sonder om sopnat gesweet te wees aan die einde van dié proses. Wat nog erger is, is as die krag afgaan in die middel van jou oggendroetine en jy letterlik hande in die hare staan, want hoe gemaak met daardie nat of halfdroë hare? 

Hier is agt oulike haarstyle wat jou tyd en moeite sal bespaar 

1. Serpie voor

Bind ’n pragtige serp om jou kop. Hierdie voorkoms is geskik vir oud en jonk en is die maklikste uit die lot om te probeer. Vir dié voorkoms is dit belangrik om die regte grootte serp te gebruik.

As dit te groot is, sal die strik nie op sy beste uitkom nie.

As jy ’n serp van sy verkies, maak seker jy gebruik haarknippies om die serp in plek te hou. Om te verseker die serp gly nie af nie, sit eers die haarknippies aan en bind dit bo-oor die knippies vas. 

View this post on Instagram

Serpie-selfies. ?? Eendag, te lank gelede, het @wynjj vir my ‘n fancy Franse serpie uit Parys gebring. Merci.

A post shared by Charlea Grey (@charleagrey) on

2. Natuurlike krulle

As jou hare van nature mooi krul, is dít die beste opsie vir jou. Hou jou natuurlike krulle in plek deur goeie opknapper aan te wend. Skaf selfs produkte aan wat spesifiek vir krulhare geformuleer is. Die produkte is deesdae beskikbaar op al wat ’n winkelrak is.

3. Bykomstighede

Van knippies tot kopbande, bykomstighede maak alles beter. Maak nie saak in watter toestand jou hare is nie, daar is bykomstighede om alles beter te maak. Knippies is nou hoogmode. Jy kan hou hare in 'n sjiek poniestert stileer en afrond met knippies. Die Amerikaanse sangeres Alicia Keys wys presies net hoe dié vuurwarm modeneiging gedra kan word. 

View this post on Instagram

When Harlem meets Paris j’adore ??????

A post shared by Alicia Keys (@aliciakeys) on

4. Gevleg

Vlegsels is deesdae hoogmode. Vlegsels lyk selfs baie sjiek as jy dit vleg terwyl jou hare klam is. As jou hare reeds droog geraak het en jy dit vleg, sorg dit vir lekker tekstuur in die vlegsel. 

View this post on Instagram

I pray something good happens to you ????

A post shared by Kim Kardashian West (@kimkardashian) on

5. Hoë poniestert

Die sangeres Beyoncé wys net hoe stylvol gekrulde hare in ’n poniestert kan lyk. Selfs as jou hare nie natuurlik lokke vorm nie, sal dit steeds modieus en sjiek lyk as jy dit so stileer. 

6. Franse vlegsel

As jy die vaardigheid het om ’n Franse vlegsel baas te raak, is dié haarstyl ’n oulike opsie vir diegene met skouerlengte of lang hare. Hoe meer tekstuur, hoe meer interessant die eindresultaat.

View this post on Instagram

The Love of my life!!!!

A post shared by Khloé (@khloekardashian) on

7. Sjiek 

As jy die sjiek voorkoms verkies om jou hare agter in 'n lae bolla vas te maak, is dit presies hoe jy jou hare kan stileer. Dié haarstyl is gepas vir 'n dag by die kantoor of selfs as jy formele geleenthede bywoon. Dit werk met nat of droë hare.

8. Agtertoe gekam

Dié haarstyl kan met nat of droë hare baie stylvol voorkom en is perfek vir korter hare. Selfs as jou hare nie heeltmal vars is nie, kan jy dit net agteroor kam en met haarwaks afrond. 

View this post on Instagram

??max mara?? thank you @instylemagazine @maxmara !

A post shared by Lucy Hale (@lucyhale) on

So moet nie laat beurtkrag jou dag bederf nie! 

Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitterFacebookWhatsApp en teken gerus in op ons nuusbriewe.