1. Wyepyplangbroek

’n Wyepyplangbroek of -jeans is die ideale item as jy gerieflik en koel wil wees. Dit gee jou ’n ontspanne en informele voorkoms vir uitstappies. Dra dit saam met tekkies of plat skoene. 

model,mode
Top vanaf R339 en oorbelle R59,99 vir ’n pak van drie, Miladys. Jeans R329 en tekkies R429, H&M. Denimbaadjie R699, Woolworths. Armband R220, Lovisa. Serp R49,99, MRP. Foto: Jacques Stander

2. Gemaklike tekkies

Gemak bo styl is waarna ons met vakansie streef.

Sokkietekkies is dié seisoen die in ding. Dis sag, stylvol en laat enige voorkoms dadelik koel lyk. Dis boonop veelsydig en pas by vele items. 

model,mode
Hemp R329, H&M. Top vanaf R299, driekwartbroek R439 en oorbelle R99 vir ’n pak van 3, Miladys. Tekkies R449 en seildrasak R250, Woolworths. Foto: Jacques Stander

3. Liggewigoortrui

Dollie jou aand- en strandstyl op met ’n liggewig-oortrui. Kies ’n knooptrui in ’n sagte skake- ring. Dit werk perfek by ’n infor- mele voorkoms soos ’n kort- broek en T-hemp; of kombineer dit met ’n rok vir ’n aand- voorkoms.

model,mode
Wit T-hemp vanaf R199 en wit kortbroek vanaf R259, Miladys. Langmoutop R299, Woolworths. Vasbindsandale R99,99 en skouersak R89,99, MRP. Haarband R220, Lovisa. Foto: Jacques Stander

4. Ikoniese hoed

Hoede is prakties, stylvol en gaan nooit uit die mode nie. Dit beskerm jou teen die son se UV-strale en laat jou boonop steeds fantasties lyk. Dra dit in jou gunstelingstyl met ’n strandvakansie of vir ’n wegbreek stad toe.

Wenk: Moenie net lig pak nie; pak ook slim. As jy tyd het, probeer jou uitrustings beplan.  

model,mode
Rok vanaf R799, Miladys. Sandale R329 en handsak R379, H&M. Oorbelle R200, Lovisa. Hoed R89,99, MRP. Foto: Jacques Stander

5. Maksiromp

Dié veelsydige stuk vir jou kernklerekas werk die beste in ’n sagte en liggewigmateriaal wat gemaklik is om te dra. Kies ’n styl wat nie te knus om jou bene sit nie.

Die maksirok werk ewe goed vir lang wandelings op die strand as vir middagete by ’n restaurant.

model,mode
Kanttop vanaf R459 en sandale vanaf R179, Miladys. Romp R399, Woolworths. Serp R200 en oorbelle R275, Lovisa. Foto: Jacques Stander

6. Gemaklike sandale

Sandale is die gemak wat jou voete nodig het in die warm weer.

’n Klassieke paar sal ’n modieuse uitrusting komplementeer en jou voete tydens jou vakansieuitstappies beskerm.

model,mode
Rok vanaf R459, Miladys. Sandale R199,99, MRP. Oorbelle R220, Lovisa. Foto: Jacques Stander

Wenk

Wenk Daar is nie iets soos te opgetof lyk met vakansie nie. Pak die klere in wat jou die gelukkigste maak, al is dit spoggerig. ’n Partytjierok kan koel lyk as bedekking oor ’n swembroek, en dit werk ook vir ’n deftige aand uit. 

7. Vakansiehandsak

Dit is noodsaaklik dat jy ’n sak kies wat groot genoeg is vir al jou noodsaaklikhede – jou beursie, ’n masker en handontsmetmiddel om in die pandemie veilig te bly.

Wanneer jy ’n handsak uitsoek, maak seker jy kies ’n kleur wat by die meeste van jou klerekas werk of ’n stellingstuk wat enige uitrusting ophelder.

model,mode
Rok R599, Wool­worths. Sandale R299, Miladys. Haarband R160, Lovisa. Handsak R379, H&M. Sonbril R59,99, MRP. Foto: Jacques Stander

8. Dag-tot-aandrok

Vakansies is ’n lekker tyd om meer nut uit jou rok te kry. Kies ’n stellingstyl wat vir die dag én aand geskik is.

Vleiende midi- tot maksilengterokke is ’n goeie manier om dié voorkoms te behaal.

Jy kan dit dra om jou vakansiebestemming te verken of as ’n sjiek aandrok. Kies ’n rok wat jy bedags saam met tekkies kan dra en saans maklik met ander skoene, elegante bykomstighede en jou gunstelinglipstiffie in ’n aandvoorkoms kan omskep.

model,mode
Rok R749, Woolworths. Serp R69,99, MRP. Oorbelle R220, Lovisa. Foto: Jacques Stander

Wenk

Pak twee dae voor die tyd in pleks van die aand tevore. As jy haastig inpak, vergeet jy dalk belangrike items.  

Kry dit hier

H&M 021-826-7300; LOVISA 0800-014-504; MILADYS 0800-310-290; MRP 0800-21-25-35; WOOLWORTHS 0860-022-002

  • Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.