Glo dit of nie, sommige gewoontes in jou skoonheidsroetine kan jou gesondheid aantas as jy dit verkeerd aanpak. Hier is agt dinge wat jy dalk moet heroorweeg sodat jy goed kan lyk én voel. 

JY GEBRUIK KLAMLAPPIES OM GRIMERING TE VERWYDER

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Klamlappies kan ’n preserveermideel genaamd metielisotiasolien (MI) bevat wat al verbind is met die ontwikkeling van allergiese reaksies wat tot veluitslae en ’n gejeuk lei.

Oorweeg lappies wat dit nie bevat nie of hou by romerige (MI-vrye) reinigers.

JOU PONIESTERT IS TE STYF VASGEMAAK

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Meer as die helfte van migraine-lyers sê ’n poniesterthaarstyl kan ’n hoofpyn veroorsaak.

“Wanneer jy die hare trek, veroorsaak dit sametrekking aan die senupunte wat pyn in die nek en gesigspiere kan veroorsaak. Dit kan ’n hoofpyn veroorsaak,” sê dr. Richard Parkinson, ’n neurochirurg van Sydney.

Die goeie nuus is dat die pyn verdwyn wanneer die hare losgemaak word – in sommige gevalle byna dadelik.

HOLLYWOOD- OF BRASILIAANSE WASBEHANDELING

As jy al jou skaamhare verwyder, is jy vier keer soveel vatbaar as gewoonlik vir seksueel oordraagbare siektes soos herpes en HPV. Dis nie presies bekend hoekom nie, maar haarverwydering veroorsaak dalk klein skeure in die vel.

Hou die hare netjies deur dit te knip – of wag minstens 24 uur nadat jy geskeer of gewaks het voor jy seks het.

JY PLUK INGROEI-HARE UIT

Om ingroeihare uit te pluk kan tot infeksie en littekens lei omdat die tangetjie veel groter as die follikelruimte is.

As jy met ingroeihare sukkel, laat ’n skoonheidsterapeut dit verwyder – maar voorkoming is ’n beter idee. Skrop gereeld jou lyf met ’n skropmiddel of badspons om te keer dat hare ingroei.

OOGOMLYNER OP JOU WATERLYN

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Oogomlyner wat hier aangewend word, is meer geneig om tot in die traanfilm te versprei en kan moontlik kontaklense beskadig en sensitiewe oë irriteer.

Dis beter om buite die rand te omlyn, maar as jy nie daardie tegniek kan bemeester nie, maak seker jy maak jou oogomlyner voor elke aanwending goed skerp.

“Op dié manier het jy ’n vars punt wat infeksie kan help voorkom,” sê dr. Alison Ng van die sentrum vir kontaklensnavorsing aan die Universiteit van Waterloo in Kanada.

JY BYT JOU NAELS

Jy wil dalk eerder aan ’n skeurnael of harde naelrand kou as om ’n naelvyl te gebruik, maar elke keer wanneer jy jou vingers in jou mond sit, stel jy jou liggaam bloot aan die kieme daarop en kan jy infeksie opdoen.

Dis hoekom naelbyters geneig is om twee keer soveel bakterieë soos salmonella en E. coli in hul speeksel te hê as diegene wat nie naels byt nie.

As jy gereeld jou naels kou, kan jy dit met iets onsmaakliks verf om die gewoonte te help breek.

GEREELDE JELMANIKUUR

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die ligte wat gebruik word om jelmanikure te verseël, skei ’n UVA-lig af.

Dié soort lig veroorsaak veroudering en velkanker, en hoewel daar geen studies bestaan wat ’n verband tussen manikuurbehandelings en kankers gevind het nie, is daar dokters wat waarsku teen gereelde jelmanikure.

’n Strategie is om sonskerm aan jou hande aan te wend voor jou afspraak – maar nie op die naels nie; dit sal keer dat die jel set.

JY SKEER BEENHARE VOOR ’N PEDIKUUR

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Jy is dalk skaam vir jou harige bene, maar om gereeld te skeer – veral met ’n stomp lem – kan klein velskeurtjies veroorsaak.

Dis ’n probleem as jou salon nie onberispelike higiëne toepas nie, want daar kan bakterieë wees in die water waarin jou voete geweek word. Skeer ideaal gesproke minstens 24 uur voor jou afspraak.

Die Amerikaanse podiatriese mediese vereniging se raad is om jou pedikuurbehandeling vroegoggend te kry – die voetbaddens is dan waar- skynlik op hul skoonste.

  • Teks: Bauersyndication.com.au/Magazinefeatures.co.za
Kom neem deel aan die gesprek

Volg Huisgenoot op InstagramTwitter en Facebook en teken gerus in op ons nuusbriewe.