Klassieke denim

Anna Schürrle
Die model Anna Schürrle lyk sjiek in ’n wit bloes, Agolde-jeans en Chanel-­hakskoene op ’n uitstappie in Berlyn. Foto: Gallo Images/Getty Images

Bly koel in ’n klassieke kombinasie: jeans by ’n wit hemp. Rond jou voorkoms af met gemaklike aanglipsandale of insteekskoene vir ’n dag-tot-aandvoorkoms.

Speels preppy

Thérèse Hellström
Die blogger Thérèse Hellström voer straatstyl tot die volgende vlak in ’n streephemp, kortbroek, puntstewels en ’n hoed in Parys. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Kardoeskortbroek en ligte hemp gee ’n preppy gevoel aan ’n uitrusting. Dra dit saam met enkelstewels vir ’n bietjie speelsheid.

Gemaklik koel

 Na­talia Verza
Die modeblogger Na­talia Verza dra ’n beige langbroek by ’n wit mou­lose top, Bottega Veneta-­skoene en ’n Dior-serp in Parys. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Kakiekleurige ontspanne chino en wit T-hemp is altyd ’n wenner. Stileer dit saam met gemaklike maar byderwetse skoene soos dié opgestopte aanglipskoene en voeg ’n spatsel kleur by met ’n patroonserp om die kop.

Informeel prakties

Christina Bischof
Die blogger Christina Bischof lyk treffend in ’n Zara-fietsry- kortbroek in München. Foto: Gallo Images/Getty Images

Om gemaklik en informeel te wees is dié somer hoogmode. Dra ’n fietsrykortbroek by ’n helderkleurige hemp en plat skoene vir ’n alledaagse sjiek voorkoms.

Straat-sjiek

Ellie Delphine
Die beïnvloeder Ellie Delphine rond ’n blommetop en geel spleet-romp af met ’n helder- rooi handsak in die strate van Parys. Foto: Gallo Images/Getty Images

Laat die koppe draai met items in donkerder skakerings. Kies ’n blommetop en donker skoene en stileer dit saam met effens ligter kleure soos ’n mosterdkleurige romp vir ’n moeitelose byderwetse voorkoms.

Vroulike grunge

Sonny Loops
Wie sê stewels is net vir die winter? Die leefstylvlogger Sonny Loops skep ’n grunge-voorkoms deur dit by ’n wit romp en T-hemp te dra. Foto: Gallo Images/Getty Images

Gee ’n vroulike romp ’n bietjie skop met ’n patroon- of slagspreuk-T-hemp en voeg bonkige stewels by vir ’n tikkie grunge.

Stylvol in wit

Füsun Lindner
Die blogger Füsun Lindner tref die oog in München in ’n wit Nobi Talai-­uitrusting. Die serp vrolik die voorkoms op. Foto: Gallo Images/Getty Images

Trek die aandag in ’n wit uitrusting. Maak ’n stelling met jou bykomstighede deur ’n kleurvolle serp om jou middel te bind.

Loslit-denim

Thérèse Hellström
Thérèse Hellström maak ’n modestelling in ’n groen vallebloes, denimromp en groen hakskoene in Stockholm. Foto: Gallo Images/Getty Images

Speel met patroon- en valletops en dra dit saam met ’n klassieke denimromp en fyn insteekskoene om die loslitvoorkoms reg te kry.