Gereed in vyf minute!

“As joernalis, veral in die vermaakafdeling, word ’n mens dikwels na verskillende geleenthede en vertonings genooi – soms op die nippertjie – en ek moes leer hoe om in ’n kits my grimering aan te wend."

"Ek dra nie veel grimering op kantoor nie; daarom het ek altyd die nodige grimeerprodukte byderhand om binne vyf minute aan te wend tydens daardie onverwagte oomblikke. Dit is ’n vinnige, makliker manier om my gelaatstrekke te beklemtoon en ’n tikkie glans aan te tik en weg is ek!”

STAP 1

Wend met jou vingers BB- of CC-room oor jou hele gesig aan. Skakeer dit goed rondom jou haarlyn en kakebeen.

Foto: Papi Morake

STAP 2

Wend blosser twee skakerings donkerder aan as jou vel, teen ’n hoek net onder jou wangbeen (van haarlyn tot mondhoek).

Foto: Papi Morake

STAP 3

Wend verligter aan jou wangbene aan. As dit ’n vloeibare of roomverligter is, kan jy jou vingers gebruik.  

Foto: Papi Morake

STAP 4

Vul jou wenkbroue met ’n wenkbroupotlood in. As jy voller wenkbroue het, kan jy net jou wenkbroue netjies borsel. 

Foto: Papi Morake

STAP 5

Wend ’n paar lae maskara net aan jou boonste wimpers aan.

Foto: Papi Morake

STAP 6

Rond die voorkoms af met lipglans of lipsalf.

Foto: Papi Morake

Essence XXXL Nude Lipgloss in Shy Beauty, R42
L’Oreal Blush Sculpt Trio Contouring Blush, R189,99
Smashbox ­Camera Ready BB Water SPF 30 in Medium/Dark, R540
L’Oréal False Lash Sculpt Mascara in Black, R199,95
Revlon ­Photoready Insta-Fix Highlighting Stick in Medium Beige, R159,50
Revlon Ultra ­Volume Mascara in Black, R159,99
Rimmel Oh My Gloss Oil Tint in Contemporary Coral, R89,95
Eylure Brow Pencil in Dark Brown, R119

Kry dit hier

Essence (Clicks 0860-254-257); Eylure (Clicks 0860-254-257); GOSH (EDGARS 0800-203-925); L’Oréal 0860-102-491; Revlon 011-971-0812; Rimmel 0800-463-446; Smashbox 021-552-6999

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.