Gebruik dit om jou lyf en lippe te bevog. Dit kan ook gebruik word om hardnekkige grimering te verwyder – wend dit oor lipstiffie of jou oë aan, vryf dit ’n paar sekondes lank liggies in en vee dan met klamlappies of ’n klam waslap af.

Vaseline Petroleum Jelly R33,49

Dit bevog die lippe, vel en naelvliesies en maak hare glad.

Dr. PawPaw Shea Butter Balm R95

Dié ooggrimeringverwyderaar dien ook as ’n oogserum.

Filorga Optim-Eyes Lotion R470

Dit kan as ’n blosser vir jou wange of ’n tint vir jou lippe gebruik word.

Catrice Blush Tint for Cheeks & Lips in Rose Flush R60

’n Wenkbrouvuller én -verligter – jy hoef nooit sonder een te wees nie.

Eylure Brow Contour Two-in-One Colour & Highlighter in No. 10 R105

Dié omlyner werk vir lippe én oë. Gebruik dit saam met ’n jelomlyner vir die volmaakte gevleuelde oogomlyning of saam met ’n lipstiffie of -omlyner vir soomloos omlynde lippe.

Real Techniques Silicone Liner Brush R125

Dié haardroër maak jou hare reguit terwyl jy dit borsel en verminder kroeserigheid.

Revlon Perfect Heat Perfectionist 2-in-1 Hairdryer R615

Gebruik enigeen van dié Chubby Sticks as ’n bevogtigende lipsalf of as ’n roomblosser om jou wange blosend maar nie blink nie te laat lyk.

Clinique Chubby Stick Moisturising Lip Colour Balm in Chunky Cherry, Super Strawberry en Grandest Grape R300 elk

Dié salf hidreer jou lippe en die sensitiewe vel om jou oë.

Bionike Defence Elixage Contour R3 Eye-Lip Balm R335

Dié vloeistofverligter kan as ’n basislaag gebruik word om jou vel ’n natuurlike gloed te gee of ná onderlaag as ’n verligter. Jy kan dit ook aan die res van jou lyf aanwend om dit ’n natuurlike, songekuste gloed te gee.

NYX Born to Glow Liquid Illuminator R149,95

Met dié produk het jy vier verskillende omlyners vir jou oë en lippe in een pen; klik net vir die kleur van jou keuse.

Clarins 4-Colour All in One Pen in Shade 02 R500

Jy kan dié sproei as ’n basislaag vir onderlaag gebruik, en omdat dit nie ’n oliebasis het nie, is dit geskik vir alle soorte onderlaag. Spuit dit liggies oor jou gesig nadat jy grimering aangewend het om dit te help set. Jy kan dit deur die dag gebruik om jou vel se vogvlakke aan te vul.

Elizabeth Arden Eight Hour Miracle Hydrating Mist R360

As jy ligter wimpers het, sal jy die voordele daarvan geniet dat dit getint word elke keer wanneer jy maskara aanwend.

Yardley Intense Lash Tinting Mascara R150

Dis ’n skropmiddel en masker wat aknee en ekseem bestry in een produk.

Afri-Berry Moroccan Gold Black Soap R135

Gebruik dié olie om jou gesig te bevog, die vel aan jou lyf te voed en jou hare te versag. Die olie voel droog en absorbeer vinnig.

Nuxe Multipurpose Dry Oil R225

Gebruik dié olie as ’n basislaag voor jou bevogtigende onderlaag, of wend dit as ’n bevogtiger aan vir ’n vel wat douvars lyk. Jy kan ook ’n druppel by jou bevogtigende onderlaag voeg om jou vel ’n natuurlike afronding te gee.

Smashbox Photo Finish Primer Oil R525

Gebruik dit as ’n lipsalf of as ’n tint vir jou wange.

Dr. PawPaw Tinted Peach Pink Balm R95

Kry dit hier

Afri-Berry (Edgars 0860-112-442); Bionike ( Dis-chem 0800-201-170); Catrice Spree.co.za; Clarins 011-809-6300; Clinique 0800-463-446; Dr. Paw Paw (Dis-chem 0800-201-170); Elizabeth Arden 021-597-1700; Eylure (Clicks 0860-254-257); Filorga Takealot.com; Nuxe (Truworths 021-460-2300); NYX (Clicks 0860-254-257); Real Techniques (Clicks 0860-254-257); Revlon (Clicks 0860-254-257); Smashbox 021-702-3466; Vaseline 0860-572-861; Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.