Afkortings

alt – alternatiewe

aw – aweregs

beg – begin

her – herhaal

ks – koussteek

pat – patroon

r – regs

rif – riffelsteek

RK – regte kant

st(e) – steek(steke)

vermin – verminder

VK – verkeerde kant

vlg – volgende

weersk – weerskante

Wenk: As jy nie ’n ervare breier is nie en nie kans sien vir die sneeuvlokkiemotiewe nie, kan jy die jas net effekleurig of met eenvoudige strepe brei.

GROOTTES

  • Pas vir K(M;G;XG) hond
  • Pas vir borsmaat 44(54;64;74) cm
  • Werklike mate van jas wanneer vasgeknoop 42(54;64,5;75) cm
  • Werklike mate van lyfpant 24(30;36;41) cm
  • Volle lengte 28(32;36;40) cm

BENODIGDHEDE

LET WEL: Die hondejassie op die foto is gebrei met Stylecraft Special DK, ’n gehalte-akrielbreidraad. As jy nie dié spesifieke breidraad kan kry nie, kan jy Stylecraft Life DK of enige ander dubbelbreidraad van jou keuse gebruik.

  • 1(1;2;2) x 100 g-bolle Stylecraft Special DK in Aster kleur no. 1003 (hoofkleur, hk)
  • 1 x 100 g-bol Stylecraft Special DK in wit kleur no. 1001 (kontraskleur, kk)
  • 4 mm-breipenne
  • 6 mediumgrootte-knope
  • stopnaald
  • teenstellende kleur breidraad vir merker

SPANNING

22 ste en 30 rye = 10 cm oor ks met 4 mm-breipenne.

LET WEL: Aanwysings vir die kleinste grootte word gegee, met die groter groottes tussen hakies ( ); waar een getal gegee word, verwys dit na al die groottes.

VOOR JY BEGIN

Dié patroon is vir vier groottes ontwerp. Voor jy begin brei, omkring eers deurgaans met ’n potlood die grootte wat jy gaan brei.

HOE OM DIE DIAGRAM TE LEES

styleccraft
Foto: Stylecraft

Die sneeuvlokkiemotiewe word in die diagram op dié blad aangegee. Elke blokkie in die diagram verteenwoordig ’n breisteek.

Lees die diagram van regs na links vir alle RK-rye en van links na regs vir alle VK-rye. Volg die diagram en merk die ry af wanneer jy dit voltooi.

Om fairisle of intarsia te brei, moet jy die kontraskleur aan die begin van die ry aanlas, die draad aan die agterkant van die werk saamneem, die kontraskleur oor die hoofkleur slaan by elke tweede of derde steek wanneer nie daarmee gebrei word nie en altyd die drade by die kleurwisseling om mekaar draai in elke ry – die laaste steek moet oor die draad gaan wat vir die volgende steek gebruik gaan word en dit sal verhoed dat gaatjies vorm.

OM TE BREI LYFPANT

Stel 53(67;79;91) ste op met 4 mm-breipenne en hk-breidraad.

1e ry (RK): r1, * aw1, r1; her van * tot einde.

2e ry: aw1, * r1, aw1; her van * tot einde. Dié 2 rye vorm die rifpat. Brei nog 10 rye in rifpat. Brei nou in pat volgens die diagram, brei in ks, met alle RK-rye r en alle VK-rye aw.

Gebruik die fairisle- of intarsia-tegnieke, her die 34 rye in pat soos in die diagram aangegee word. Brei in pat verder tot die lyfpant 10(11;12;13) cm van die beg is; eindig met ’n VK-ry. **

Vlg ry – knoopsgatry (RK): pat 4, heg 2 ste af, pat tot by laaste 6 ste, heg 2 ste af, pat 3.

Vlg ry: pat 3, stel 2 ste op, pat tot by laaste 4 ste, stel 2 ste op, pat 4. *** Brei in pat verder tot lyfpant 16(18;20;22) cm lank is; eindig met ’n VK-ry.

Brei nou van ** tot *** nog een keer om nog ’n stel knoopsgate te maak.

Brei in pat verder tot lyfpant 22(25;28;31) cm is; eindig met ’n VK-ry. Brei nou van ** tot *** nog een keer om nog ’n stel knoopsgate te maak.

Jy het nou altesaam 6 knoopsgate gemaak. Brei in pat verder tot lyfpant 28(32;36;40) cm is; eindig met ’n VK-ry.

Brei nou die kraaggedeelte soos volg: Kraag Brei in rifpat soos voorheen tot die lyfpant 44(48;52;56) cm van die beg is; eindig met ’n VK-ry. Heg al die ste in rif af.

INSETSEL

Stel 50(62;74;86) ste op met 4 mm-breipenne en hk-breidraad. Beg met ’n r ry; brei in ks tot die insetsel 14(16;18;20) cm van die beg is; eindig met ’n VK-ry.

Fatsoeneer bokant

Heg 4 ste af aan die beg van die vlg 2 rye [42(54;66;78) ste].

Slegs vir 1e grootte: Vermin 1 st aan weersk van die ry in die vlg 2 rye [38 ste].

Slegs vir 2e, 3e en 4e groottes: Vermin 1 st aan weersk van die ry in die vlg ry [(52;64;76) ste]. Vermin nou 1 st aan weersk van elke vlg 4e ry (1;4;7) keer [(50;56;62) ste].

Vir al die groottes: Vermin 1 st aan weersk van die vlg ry [36(48;54;60) ste]. Slegs vir 1e, 2e en 3e groottes: Vermin nou 1 st aan weersk van elke vlg alt ry 6(6;3) keer [24(36;48) ste]. Heg die oorblywende 24(36;48;60) ste af.

AFWERKING

Werk alle los breidraadpunte aan die agterkant van die breiwerk in en knip alle oortollige breidraadpunte versigtig af. Werk die syrande van die kraag aan mekaar vas en keer die boonste helfte van die naat om vir die omslag.

Vou die insetsel in die lengte in die helfte en merk die middelste st aan die afhegrand met die stukkie breidraad in die teenstellende kleur. Sit nou die gemerkte middelste st op die middelnaat van die nek in die kraag. (Sien die foto.) 

Werk nou die afhegrand van die insetsel en dan die synate van die insetsel vas aan die synate van die lyfpant. Dit is die beste om by die middelste steek te begin en uitwaarts te werk.

Terwyl jy dié dele aanmekaarwerk, is dit die beste om die jas vir jou hond aan te pas omdat jy ’n groot genoeg opening aan elke kant moet laat om oor jou hond se voorpote te gaan.

Wanneer die synate klaar toegewerk is, werk die knope ooreenstemmend met die knoopsgate aan. Speld die jas uit volgens die mates wat gegee is, bedek met ’n skoon, klam lap en laat droog word. Moenie die jas met ’n strykyster pars nie, want dan gaan jy die steke platstryk en die jassie laat rek.

Patroon deur Stylecraft. Vir jou naaste verskaffer van stylecraft-breidraad, kontak Arthur Bales by 011-888-2401 of Info@arthurbales.co.za, of besoek Stylecraft-yarns.co.uk en kies “international stockists”.