Wat is Terrazzo?

Terrazzo word gemaak van skerfies marmer, glas en graniet wat in beton geset en gepoleer word tot dit glad is.

Dié materiaal, wat in die 1970’s gewild was en dikwels in ’n nywerheidsomgewing gebruik is, maak ’n terugkeer in ons huise.

Veelsydige en sterk terrazzo kan in allerhande ruimtes gebruik word, van kombuistoonbanke tot teëls en dekorbykomstighede. En daar is ’n terrazzo-kleur om enige dekorstyl te komplementeer.

Kies en keur uit dié produkte

Muurpapier deur Bvbblegvm Illustrations R583/m², Robin Sprong
Muurpapier deur Bvbblegvm Illustrations R583/m², Robin Sprong
Drupmatjies R345 vir 6, Elevenpast
Ottoman R1 350, Indigi Designs
Toiletborsel R159,99, seepbak R69,99, glas R79,99 en spuithouer R129,99, MRP Home
Selfoonomhulsel vir iPhone X R179, Superbalist.com

Wenk
Terrazzo kom in baie kleure voor, maar hou eerder by een per vertrek om ’n eenvormige voorkoms te skep.

Nog mooi terrazzo-patrone vir jou huis

Kershouer R279, Superbalist.com
Servette R129 vir 2, Superbalist.com
Porseleinbak R349, H&M
Nestafels deur Douglas & Douglas R7 925, Designstore.co.za
Mat (140 x 200 cm) R3 690, Cleverlittlemonkey.co.za
Vaas R129,99, uitgesoekte Sheet Street- winkels
Houtskool-spikkel- mosaïekteëls R40,30 per vel, Union Tiles
Teëls R409,85/m², Union Tiles


Wenk
Terrazzo is waterbestand en duursaam en verg min onderhoud. Die speelse patrone kan toonbanke, mure en vloere lewe gee.


Kry dit hier
Cleverlittlemonkey.co.za; Designstore.co.za; Elevenpast elevenpast.co.za, 021-201-1211; H&M hm.com/za; Indigi Designs indigidesigns.com 021-447-0165; MRP Home mrphome.com; PEP 0860-737-000; Robin Sprong robinsprong.com; Sheet Street sheetstreet.com; superbalist.com; Union Tiles terrazzotiles.co.za; Weylandts weylandts.co.za Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.