Die voormalige Mej. SA en Mej. Heelal, wat natuurlik al gewoond is aan grimering wat die koppe laat draai, het ’n blitskursus met vyf stappe op Instagram gegee van hoe sy daagliks haar wenkbroue versorg.

In die kort video staan Demi, wat verloof is aan die Amerikaanse bofbalspeler Tim Tebow (32), voor ’n badkamerspieël in ’n kamerjas en demonstreer in vyf stappe hoe om wenkbroue soos hare te kry.

Al wat jy benodig om hierdie voorkoms reg te kry, is vyf skoonheidsitems:

’n Borsel, wenkbroupotlood, hoekborseltjie, poeier en wenkbrou-maskara. 

Stap 1: Borsel

Stap 2: Wenkbroupotlood

Stap 3: Hoekborseltjie en poeier

Stap 4: Wenkbrou-maskara (dit laat die wenkbrou set)

Stap 5: Maak die rande netjies

Kyk hier hoe om Demi se wenkbroue te bemeester