Gelukkig ken die 36-jarige ster van Suits haar storie as dit by modes kom. Sy gaan beslis alles uithaal wanneer sy by The Firm aansluit.

Ons kyk na 10 kere dat sy die koppe laat draai het. 

1. MOOI IN ROOI

Foto: Gallo Images/Getty Images

Meghan lyk asemrowend mooi in die romantiese, Spaans-geïnspireerde rok. Haar bykomstighede is minimaal en die rooi lippe sorg vir ’n klassieke dog smeulende voorkoms. Dit was in Januarie 2016 by ELLE se 6de jaarlikse dinee vir vroue in die televisiebedryf by die Sunset Tower Hotel in Wes-Hollywood. 


2. KRAAKVARS IN WIT

Foto: Gallo Images/Getty Images

Harry se toekomstige bruid lyk gesofistikeerd en gee ’n wit uitrusting skop by die World MasterCard-modeweek 2015 in Toronto, Kanada. 

3. VERRUKLIK

Foto: Gallo Images/Getty Images

 Meghan lyk beeldskoon in ’n poeierblou somerrok met modieus gepunte hakskoene vir ’n vroulike voorkoms by die Glamour and L'Oreal Paris Women of the Year-geleentheid in April 2016 in New York.

4. PERFEK IN ’N PAKKIE

Foto: Gallo Images/Getty Images

Meghan het by ’n geleentheid in haar tuisstad, Los Angeles, gewys snyerspakkies werk ewe goed vir sake en plesier.

5. BIKER-SJIEK 

Foto: Gallo Images/Getty Images

 Sy gee ’n vroulike rokkie ekstra woema met ’n leerbaadjie vol blink knoppies en rokerige ooggrimering by die Mercedes-Benz-modeweek 2014 in New York.

6. GEOMETRIESE GODIN

Foto: Gallo Images/Getty Images

Meghan lyk treffend in die patroonrok by die 3rde jaarlikse NFL Characters Unite at Sports Illustrated-geleentheid in Januarie 2014.


7. SKITTEREND

Foto: Gallo Images/Getty Images

Meghan steel die kollig in ’n futuristiese metaalrokkie met diep halslyn. Ons is mal oor die deursigtige detail op haar skoene en palmtas! Die geleentheid waar sy so geskitter het, was die CFA/Vogue Fashion Fund-toekennings in November 2015 in New York 

8. KOMKOMMERKOEL

Foto: Gallo Images/Getty Images

 Meghan beklemtoon haar dun middeltjie in ’n sjiek wyepypbroek met ’n hoë middellyf en deursigtige toppie by NBC se New York Summer Press Day in 2015.

9. LUUKS

Foto: Gallo Images/Getty Images
Meghan lyk koninklik in ’n pastelkleurige potloodromp en kunspelsjas by die Wes Gordon-modevertoning tydens die MADE-modeweek 2015 in New York.

10.  BASIES MOOI

Foto: Gallo Images/Getty Images

Selfs in jeans en ’n hemp lyk Meghan moeiteloos modieus by die Invictus-spele in Toronto in 2017 – dit was haar eerste openbare uitstappie saam met prins Harry.