Lang hare

Megan Fox (Aktrise) Dit sal taamlik ongemaklik wees om lang, nat hare oor jou klere te laat hang. Bind eerder jou hare op jou kop vas of los dit halfnat en halfdroog. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vir fyn hare

Was jou hare, knap dit op en wend ’n volumeproduk aan voor jy dit met ’n haardroër droogblaas. Jy kan ’n haardroër of -tang gebruik om groot krulle te skep.

Wend jou stileerproduk met sterk houkrag aan net die helfte van jou hare aan van die middel van jou kop af. Maak jou hare met ’n borsel of fyntandkam teen jou kopvel plat.

Jy kan die res van jou hare laat loshang of dit opbind.

Vir growwe hare

Was jou hare, knap dit op en blaas dit droog. Onthou om ’n produk aan te wend wat beskerming teen hitte bied voor jy begin droogblaas.

Gebruik ’n spuitbottel om van die voorkant na die middel van jou kop water aan jou hare te spuit. Dit sal die hare help tem. Wend ’n stileerproduk met sterk houkrag aan dieselfde area aan en maak dan jou hare met ’n borsel teen jou kopvel plat.

Laat die droë seksie loshang of bind dit vas.

TRESemmé Expert Beauty-Full Volume Mousse R92,99
Hannon Polish Wax Wax R120
L’Oreal Studio Line Hot & Go R145
Denman ThermoCeramic DCR4 Brush R179
BaByliss PRO Luminoso Line Hair Dryer R1 850

Skouerlengtehare

Lauren Jauregui (Sangeres) As jy die styl op die foto wil naboots, sal jy waarskynlik golwende hare moet hê. As jy baie steil hare het, kam eerder jou hare op of maak ’n ponie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vir fyn hare

Maak seker jou hare is nie heeltemal nat wanneer jy produkte aanwend nie. Spuit eerder jou droë hare nat, want dit sal van die volume help behou.

Wend ’n jel aan wat beweging toelaat, maar ook die hare set soos een met matige of sterk houkrag. Dié soort jel is lig en sal nie die hare afrem nie.

As jy krulhare het, gebruik ’n wyetandkam om die produk deur die hare te kam. Of frommel jou hare met jou hande pleks van dit te kam.

Vir growwe hare

Growwe hare kan nat wees. Gebruik ’n stileerolie of -jel met min tot matige houkrag.

Nes met fyn hare, gebruik ’n wyetandkam as jy krulhare het of frommel jou hare as jy hare met groter golwe het.

Sebastian Professional Dark Oil Styling Oil R495
Moroccanoil Styling Gel R280
Hannon Styling Liquid Crystal Styling Gel R75
Cowshed Lazy Cow 2-in-1 Ultra Rich Shampoo & Conditioner R335
Lucky Wide Toothed Comb R14

Kort hare

Cara Delevingne (Model) Minder hare beteken minder moeite wat dié voorkoms betref. Foto: Gallo Images/Getty Images

Vir fyn hare

Jy sal jou hare moet was, opknap en heeltemal droogmaak as dit fyn is en daarna ’n spuitbottel gebruik om dit klam te maak. Die hare behou volume as jy dit met water spuit.

Wend jou stileerjel of -was aan die hare aan. Sorg dat die produk jou hare heeltemal versadig om ’n nathare-voorkoms te skep. Jy kan met ’n opligbeweging kam vir volume, maar moet dit nie platdruk nie.

Vir growwe hare

Weerbarstige hare stileer makliker wanneer dit nat is. Wend stileerjel of -was aan die hare aan en sorg dat dit die hare van wortel tot punt bedek. Maak ’n middel- of kantpaadjie en stileer die hare soos verlang.

Borsel jou hare met ’n borsel plat vir ’n gladde voorkoms.

Hannon Sculpting Hair Gel R130
Raw Muk Gloss Finish Styling Mud R260
Two Oceans Island Coconut Oil Conditioner R99
Hannon Detangling Comb R50
Dove Oxygen Moisture Shampoo R57,95

Kry dit hier

Babyliss (Clicks 0860-254-257); Cowshed woolworths.co.za; Denman (Dis-Chem 0800-201-170); Dove 0860-572-861; Hannon hannon.co.za; L’Oreal 0860-102-491; Lucky Takealot.com; Moroccanoil everythinghair.co.za; Raw Muk Takealot.com; Sebastian (everythinghair.co.za); Tresemmé 0860-111-121; Two Oceans (Dis-Chem 0800-201-170)

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.