IDRIS ELBA (48)

Die Britse akteur kan altyd deur ’n ring getrek word. Beproef sy gemaklike styl in donker kleure en klassieke kombinasies. 

Idris Elba
Uitgetof in ’n rolnektrui, baadjie en chino-broek by die New York- première van sy fliek Cats. Foto: Gallo Images/Getty Images

WENK

Lyk stylvol in klassieke warm skakerings soos  sjokolade, vlootblou en olyf. Dis perfek vir jou winter-klerekas.

Idris Elba
Die pa van twee lyk gemaklik en koel in ’n vlootblou broek en trui by ’n geleentheid in Londen. Foto: Gallo Images/Getty Images

DAVID BECKHAM (46)

Niemand doen dit soos Becks nie!

David Beckham
Die pa van vier laat die koppe draai met sy reisdrag. Hy is in Parys gekiek in ’n leerbaadjie, taankleurige chino-broek, tekkies, mussie en groot buissak deur Bottega Veneta. Foto: Gallo Images/Getty Images

Die gewese Engelse sokkerster is een van die besgeklede manlike sterre. Die sokkerklub-eienaar lyk altyd sportief en sjiek in straat- en informele drag.

WENK 

Rond ’n klassieke of ontspanne voorkoms af met ’n bril.

David Beckham
David dra sy sokker­klub, Inter Miami CF, se drag tydens ’n afrigtingsessie in Fort Lauderdale, Florida. Foto: Gallo Images/Getty Images

ORLANDO BLOOM (44)

Die Lord of the Rings-akteur en pa van twee het ’n koel preppie-styl wat sy status as stylikoon uit eie reg bevestig.

Orlando Bloom
Die Britse akteur staan uit in ’n monochrome kameel- kleurige uitrusting deur Hugo Boss by die Milanese modeweek. Hy dra ’n rondenektop onder ’n oorknooppak en rond dit af met wit tekkies. Foto: Gallo Images/Getty Images

Orlando maak altyd ’n modestelling – of hy nou die deftige of ontspanne roete kies.

WENK  

Gebreide truie en tops is ’n moet vir die preppie-voorkoms. 

Orlando Bloom
Orlando lyk gemaklik in ontspanne preppie-straatdrag vir ’n uitstappie saam met sy hond by die Milanese modeweek. Hy dra ’n beige sweet­pakbroek by ’n swart top en rond dit af met ’n mus en tekkies. Foto: Gallo Images/Getty Images

JAMIE FOXX (53)

Die Oscarbekroonde akteur en sanger is ’n Hollywood-swaargewig en stylikoon.

Jamie Foxx
Die pa van twee is die toonbeeld van koel in ’n grys baadjie en broek wat hy saam met ’n wit hemp en tekkies na ’n geleentheid in Miami gedra het. Foto: Gallo Images/Getty Images

Jamie is bekend vir sy modieuse pakke, seepgladde straat- voorkoms en elegante styl. 

WENK

Waag ’n bietjie en dra twee of meer kleure om ’n modestelling te maak. 

Jamie Foxx
Jamie daag in ’n oranje-en-grys kleurblok- sweetpak op by die Jimmy Kimmel Live!-geselsprogram in Los Angeles. Foto: Gallo Images/Getty Images

Gelukkige Vadersdag aan alle pa's!