Mooi meisie met foon.
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

CLOE

cloe
cloe

Wat die app doen

Die app stel jou in staat om jou oggend- en aandvelsorgroetine, jou etes, waterinname, getal ure wat jy geslaap het, grimering, aanvullings en stresvlakke aan te teken om dinge wat die vel kan beïnvloed dop te hou.

Jy kan ander gebruikers se resensies oor vel-, haar- en grimeerprodukte sien, tesame met foto’s, graderings en selfies, én jou eie resensies byvoeg.

Jy kan ook foto’s oplaai wat jou vordering aandui en so tred hou met die produkte wat vir jou werk en die produkte waarvan jy ontslae moet raak.

Wat ons dink 

Dis ’n goeie app as jy wil dophou hoe jou daaglikse gewoontes jou velgesondheid en gedrag beïnvloed. Ander se produkresensies is ook goed omdat dit jou ’n idee gee van hoe die ander produkte werk.

Koste

Binne-app-aankope

Beskikbaar

Google Play Store en Apple App Store

YOU CAM NAILS

YouCam Nails
YouCam Nails

Wat die app doen

Hier is een vir al die manikuurslawe! Die app stel jou in staat om jou eie naelontwerpe te skep, en jy kan die velkleur en naelvorm van jou keuse kies.

Jy kan ’n foto van ’n bestaande model se hand neem en jou naels dan na hartelus ontwerp. Kies uit honderde naelkleure, plakkers en naelkunsontwerpe. 

Dis maklik om te gebruik en gratis. Daar is ook handleidings om jou vaardighede tuis te slyp.

Wat ons dink

Dis ’n wonderlike en prettige manier om idees te kry vir wanneer jy die naelsalon gaan besoek. ’n Fantastiese reeks kleure, naelkuns en plakkers beteken jy sal nooit aste nimmer verveeld raak nie.

Koste

Gratis

Beskikbaar

Google Play Store en Apple App Store

UV LENS

UV Lens
UV Lens

Wat die app doen

Die app, wat op enige plek ter wêreld werk, meet die regte UV-intensiteit en gee leiding oor of jy sonskerm moet aanwend, hoeveel en hoe gereeld jy dit weer moet aanwend.

Jy kan uitvind hoe lank jy veilig in die son kan wees deur ’n persoonlike velbeoordeling te doen en herinnerings kry om sonskerm aan te wend.

Dit waarsku jou ook wanneer jy te lank aan die son blootgestel is. En dit kan voorstel of verdere beskerming met son- hoede, sambrele of sonbrille nodig is.

Wat ons dink

Ons weet almal dat ons beskerming teen die son benodig, maar die frekwensie van heraanwending, hoeveel ons moet aanwend en die omvang van die skade wat die son aanrig, kan soms verwarrend wees, veral op ’n bewolkte dag wanneer jy maklik UV-vlakke kan onderskat.

Dit is dus wonderlik om ’n app te hê wat al hierdie belangrike inligting bied, veral in ’n sonnige land soos Suid-Afrika.

Koste

Gratis

Beskikbaar

Google Play Store en Apple App Store

MIISKIN SKIN TRACKER AND EHEALTH

Miiskin Skin Tracker & eHealth.
Miiskin Skin Tracker & eHealth.

Wat die app doen

Dit is ’n dermatologie-app wat jou help om velveranderinge, aknee en moesies op te spoor. Die opsporing vind met rekenaarondersteuning plaas en bied digitale ondersteuning van dokters.

Die app word ondersteun deur die Kankervereniging van Suid-Afrika, die Kanadese velkankerstigting, die Britse velstigting en Skin Health Alliance.

Miiskin het die kamera gekalibreer vir goeie nabyfotografie. Jy kan die ligging van die probleemarea op ’n kaart van die liggaam aanmeld. ’n Binne-app-vergelyking stel jou in staat om veranderinge oor tyd te monitor.

Let wel: Miiskin bied geen diagnose nie. Volg altyd jou dokter se instruksies.

Deur ’n muntstuk as verwysingspunt te gebruik kan jy ook die grootte van die moesie oor tyd dophou. Beelde kan gebruik word vir telegesondheidskonsultasies.

Wat ons dink

Dit is ’n slim app waarmee jy so gou moontlik hulp kan kry sonder om op die dokter se waglys te beland. Met verskillende veltoestande asook velkanker wat toeneem, kan dit gerusstellend wees om oor ’n tydperk iets verdags fyn dop te hou.

Koste

Binne-app-aankope

Beskikbaar

Google Play en Apple App Store

HAIRSTYLE MAGIC MIRROR lite

Hairstyle Magic Mirror lite.
Hairstyle Magic Mirror lite.

Wat die app doen 

Verveeld met jou bob? Oorweeg jy ’n kuif? Die app stel jou in staat om met talle nuwe haarstyle en kleurvariasies te eksperimenteer. Laai ’n foto op van jouself.

Gaan dan deur die lysie en kies die style en kleure van jou keuse. Plaas dan die foto’s langs mekaar in ’n galery om die voorkomste te vergelyk.

Wat ons dink 

Dis groot pret, en jy sal ’n realistiese foto kry om vir jou haarkapper te wys eerder as om vir haar te sê jy soek “ ’n Kylie Jenner”.

Hulle het ook haarstyle vir mans.

Koste

Gratis

Beskikbaar

Google Play Store en Apple App Store

DAILY WATER TRACKER REMINDER

Daily water tracker reminder
Daily Water Tracker Reminder

Wat die app doen

Ons almal weet ons moet meer water drink vir ’n stralende vel en beter gesondheid. Daarom het ons gedink dis belangrik om ’n hidrasie-app in te sluit.

Dit is ’n gebruikersvriendelike app wat jou aktiwiteitsvlak en gewig vra en dan bereken hoeveel water jy benodig. Dit stuur dwarsdeur die dag vir jou herinnerings om seker te maak jy bereik dit.

’n Liggaamprentjie vul stadig op die skerm namate jy jou kwota bereik. Jy kan ook jou kaarte oor ’n week of maand hersien. wat ons dink Baie nuttig as jy herinner moet word om meer water te drink.

Die motiverende gejuig wanneer jy waterdrink aanteken, is oulik en inspirerend.

Koste

Gratis aanvanklik, met ’n opsie om lewenslange advertensievrye toegang vir R200 te betaal of R33 maandeliks

Beskikbaar

Google Play Store en Apple App Store

YOUCAM MAKEUP

YouCam Makeup
YouCam Makeup.

Wat die app doen

Wil jy uitvind of ’n kort, rooi bob en blinkblou oogskadu goed by jou sal pas? Dié app word gebruik om selfies te dokter, maar kan ook nuttig wees as jy wil uitvind wat by jou pas.

Speel met haarkleure en grimering deur jou kamera of ’n bestaande foto te gebruik.

Jy kan ook met haarstyle en bykomstighede eksperimenteer. En die app bevat ’n funksie wat jou vel se ouderdom aandui volgens die tekstuur, ouderdomsvlekke en plooie.

Wat ons dink

Hier is soveel funksionaliteit dat jy jouself ure lank kan verloor en ’n nuwe voorkoms kan skep waardeur jy geïnspireer word. ’n Paar funksies is slegs beskikbaar met premium-lidmaatskap.

Koste

Binne-app-aankope

Beskikbaar

Google Play en Apple App Store

BELLASHOOT

bellashoot
bellashoot

Wat die app doen

Dit is ’n wonderlike app as jy met ander oor skoonheid wil gesels. Jy kan duisende wenke, truuks en handleidings deel en ook toegang tot eerlike produkresensies kry.

Wil jy weet hoe om kontoere rondom jou neus te skep? Daar is ’n handleiding daarvoor. As jy soek na ’n spesifieke voorkoms, soos grimering vir bruide, is dit die plek om hulp te soek. Daar is topbloggers oor grimering, hare en naels tot jou beskikking.

Wat ons dink

In ’n wêreld wat deur sosiale media gedryf word, is dit ’n uitstekende middelpunt vir skoonheidsliefhebbers. Dis propvol nuus, raad, inspirasie, tutoriale en resensies en is soos ’n groot ontmoetingsplek vir mense wat van dieselfde dinge hou. Boonop kan jy maklik jou eie inhoud skep.

Koste

Gratis 

Beskikbaar

Google Play Store en Apple App Store