Met multimaskers wend jy verskillende maskers op verskillende dele van die gesig aan om elke probleem te teiken.

Iemand met ’n kombinasievel sal byvoorbeeld ’n olierige T-sone en wange hê, maar droë kolle op die res van die gesig. Met multimaskers sal so iemand ’n mat masker op die olierige dele en ’n bevogtigende masker op die droë dele aanwend. Dit beteken jy gebruik twee maskers gelyk!

En dit eindig nie daar nie – as jy meer velprobleme het, kan jy nog meer maskers inspan. Kry een vir puisies en nog een vir verkleuring. Jou gesig kan dalk uiteindelik soos ’n reënboog lyk, afhangend van die kleure van jou maskers.

Dis hoekom jy multimaskers moet probeer:

’n Enkele masker teiken een probleem, maar ons gesig het oor die algemeen meer as een behoefte. Met multimaskers kan jy verskillende velprobleme gelyktydig teiken met geskikte maskers.

Wenke
  • Kry eers gratis maskers om dit uit te toets – jy kan agterna besluit wat jy gaan koop.   
  • Koop die kleinste houers wat jy kan kry, want jy gaan elke keer net ’n bietjie van die produk gebruik en dit sal lank hou. 
  • Maak jou produkte behoorlik toe om te keer dat dit uitdroog.