Mooi met ’n masker

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Maskers is baie gewild – en met goeie rede: Dit voorsien jou vel van ’n dosis uitstekende bestanddele. Al dra jy dalk nie grimering terwyl jy tuis is nie, beteken dit nie jou vel skilfer nie af nie; daarom moet jy volhou met jou skoonheidsroetine.

Reinig en skrop jou vel en wend dan ’n masker aan wat jou vel se behoeftes bevredig. Volg dit op met ’n serum en vogroom met SBF. Indien jy ’n verskeidenheid maskers het, kan jy dit afwissel.

As jy byvoorbeeld ’n olierige vel het, kan jy wissel tussen ’n diepreinigende masker en ’n hidrerende een. Dis ook ’n goeie tyd om jou vel te help om na ’n nuwe seisoen oor te skakel.

Bevogtigende en aftrekmaskers is ideaal vir ’n kombinasievel, en lipied- en strelende maskers werk goed vir ’n droë en sensitiewe vel. Neem ’n foto en spog daarmee in die sosiale media.

Netjiese hande en voete

Manikuur- en pedikuurliefhebbers ken daardie lekker gevoel van goedversorgde hande en blinkvars verf op jou toonnaels. Dit laat jou voel asof jy in beheer van sake is. En wie wil nou in hierdie onseker tyd nié so voel nie?

STAP 1

Week jou voete sowat 5-10 minute in warm water.

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 2

Haal jou voete uit die water en skrop dit met ’n tuisgemaakte suikerskrop- of lyfskropmiddel. Spoel af.

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 3

Vyl jou hakke of enige verharde dele met ’n voetvyl. Spoel jou voete af wanneer jy klaar is.

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 4

Knip en vyl jou toonnaels netjies voor jy vars naellak aanwend.

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

VIR JOU HANDE

Knip en vyl jou naels soos gewoonlik.

As jy nie lang naels het nie, vorm dit met ’n naelvyl. Volg die stappe op jou naelpoetsversorgingstel met elke nael.

Dit sal jou naels blink en versorg laat. Rond af met naelvliesolie.

Week in die bad

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Min dinge laat jou so verfris voel soos ’n lekker bad. Voeg jou geliefkoosde badskuim of badsout by die water, steek ’n paar kerse aan en teug aan jou gunstelingdrankie terwyl jy salig daar lê.

Badsout help om stywe spiere te laat ontspan. Maak seker die water is nie te warm nie, want dit sal jou vel van vog stroop en dit droog laat voel. Onthou, ’n bad gebruik meer water as die stort; doen dit dus net een keer per week.

Sorteer grimering

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Gebruik ledige ure om jou grimering reg te pak. Skei jou ooggrimering, wenkbrou-, gesig- en lipprodukte van mekaar en plaas in aparte kompartemente of grimeersakkies.

Jy kan op die sakkies skryf of op jou geheue staatmaak om te onthou wat in elkeen is.

Raak ook ontslae van grimering wat jy ’n lang ruk nie gebruik het nie.

Skeer en was- behandelings tuis

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit kan frustrerend wees as jy nou jou gereelde afsprake vir garebehandeling (threading) of wasbehandeling misloop.

Hoe gemaak met al die haargroei? Dis dalk tyd om terug te keer na betroubare haarverwyderingsrome en vir eers tuis te skeer en wasbehandelings te doen.

Hou in gedagte skeer en rome lewer nie dieselfde langdurige resultate as wasbehandeling nie.

Haarsorg

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy ingevlegte hare of verlengstukke het, is dit tyd om dit te verwyder en jou hare ’n blaaskans en welverdiende voeding te gee.

Gebruik tuisbehandelings om jou hare sterk en gesond te hou sodat jou hare nie daaronder ly wanneer jy dit weer stileer nie. Sommige behandelings kan inbly en ander moet jy afspoel. Gebruik ’n produk wat vir jou haarsoort geskik is.

Sosialemedia-uitdagings

skoonheid
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Deel jou skoonheidsroetine. Volg verskeie skoonheidshutswoorde aanlyn vir ’n bietjie pret.

Dit hou jou besig en jy kan met ander gesels om die eensaamheid te verdryf. Jy sal ook grimeerwenke kry vir wanneer jy weer kan uitgaan.

Skoon toerusting

Grimering dra is so te sê ’n vereiste as jy uitgaan, en daar is gewoonlik weinig tyd om grimeerborsels skoon te maak. Dis nou die ideale geleentheid om al jou mooimaakgoed skoon te kry.

Groepeer dan ook al jou toerusting met dieselfde funksie bymekaar, soos oogskaduborsels, onderlaag- en verbloemerborsels en poeier- en blosserborsels.

So doen jy dit

STAP 1

Doop eerste jou borsel in water.

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

STAP 2

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Druk ’n muntgrootte- hoeveelheid vloeibare seep in jou handpalm uit en vryf die borsel in sirkelbewegings daaroor.

STAP 3

skoonheid,inperking
Ter illustrasie. Foto: Gallo Images/Getty Images

Spoel die borsel in skoon water af en laat dit plat lê om droog te word. Moenie in die son los nie, want dit sal die hare beskadig.