As jy ’n aanhanger van die reeks Gossip Girl was, gaan jy beslis Emily in Paris geniet.
In die reeks moet die aktrise Lily Collins (31) se karakter, die ambisieuse Emily Cooper, aanpas by die lewe in Parys nadat sy haar droompos daar by ’n bemarkingsfirma losslaan. dis egter makliker gesê as gedaan.
In die eerste plek word sy nie met ope arms deur haar nuwe Franse kollegas ontvang nie. Sy bevind haar boonop op ’n kronkelpad met die liefde nadat sy die smeulende Gabriel ontmoet. Gabriel word vertolk deur die sexy Franse akteur Lucas Bravo (32).
Die hartebreker is boonop ’n suksesvolle sjef.
Emily deel haar ervaring – en modieuse uitrustings – met haar volgelinge op Instagram. Die reeks se Instagram-blad is net so gewild en spog met meer as 730 000 volgelinge. Aanhangers verklap by byna al wat 'n foto is hoe hulle nie kan wag om hul hande op Emily se klerekas te kry nie.
Hoewel die mode in Parys luuks en haute couture is, is Emily se klerekas speels, oorspronklik en baie jeugdig. Van nekdoekies tot die mooiste rokke, daar is iets vir elke smaak.
Haar baas in Parys, Sylvie (Philippine Leroy-Beaulieu), wat nie juis ooghare vir Emily het nie, se klerekas laato die koppe net so draai.
Sylvie se styl is gesofistikeerd, hoogmode en baie sexy.
Hier is vyf van die oulikste uitrustings uit die reeks.
1 Emily se eerste dag by haar nuwe werk. Kyk net die oulike hemp!
2 Emily is uitgetof in 'n swart knielengte rok terwyl sy sjampanje drink met die Eiffeltoring in die agtergrond.
3 Sy rond haar groen jas met 'n nekdoekie af.
4 Gemaklik maar steeds supersjiek in ’n trui en pienk broek. Selfs haar slaapklere is modieus!
5 Wat is meer Frans as 'n oulike beret?
As jy iets lighartig soek om die naweek te kyk, voeg Emily in Paris by jou kyklys.
Bronne: Instagram, Netflix.com, IMDb, People.com, Msn.com, Popbuzz.com
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET