Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan

Benodigdhede

  • 4 dennepale (1,8 m x 44 mm)
  • Verf in die kleur van jou keuse (ons het Tjhoko-verf in Coral Stone gebruik)
  • Maatband
  • Potlood
  • Maskeerband
  • Goudplaneersel (bladgoudhegmiddel)
  • Bladgoudvelle
  • Verfkwaste
  • Boor met 8 mm- houtboorpunt
  • 7 mm-raamkoord

STAP 1

Verf die pale met twee lae verf aan alle kante. Laat die verf tussen die lae droog word.

Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan

STAP 2

Sodra die tweede verflaag heeltemal droog is, meet en merk 15 cm vanaf die een punt van elke paal. Plak maskeerband vas by hierdie meting.

Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan

STAP 3

Wend die goudplaneersel aan die dele met maskeerband aan. Laat dit sowat 5 minute klewerig raak.

Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan

STAP 4

Wend die bladgoudvelle aan op die klewerige areas. Gebruik ’n skoon, sagte kwas om die bladgoud glad te maak. Laat dit heeltemal droog word en borsel dan al die oortollige bladgoud weg. Verwyder die maskeerband.

Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan

STAP 5

Meet en merk 17 cm vanaf die onderkant van die pale. Boor gate in al die pale op hierdie punt met die 8 mm-boorpunt.

Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan

STAP 6

Bind die raamkoord om al die pale, ongeveer 40 cm vanaf die bopunt.

Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan

STAP 7

Laat die kapstok staan deur die bene eweredig by die onderpunte te versprei. Ryg die koord deur die gate wat jy in stap 5 geboor het en bind dit vas in ’n knoop. Dit is om die bene te heg om te verhoed dat die kapstok inmekaar-vou.

Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Foto Gallo Images/Misha Jordaan
Kry dit hier
  • JACK HAMMERS 021-462-0000
  • MR PRICE HOME 0800-212-535
  • WOOLWORTHS 0860-100-987


Mandjie R359,99, Mr Price Home. Plant stilis se eie. Handskoene R149, Woolworths. Krat R259,99, Mr Price Home. Trui R449, hoed R379 en serp R219, Woolworths. Pale (1,8 m x 44 mm) R174 elk en raamkoord (10 m x 7 mm) R36, Jack Hammers. Skoene R499, Woolworths. Bankie stilis se eie.

  • Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot
    en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.