BYKOMSTIGHEDE

Gebruik kussings en dekens om kleur en tekstuur by te voeg.

Drie tot vyf kussings is genoeg, afhangend van jou rusbank se grootte. Speel met skaal en patroon en gebruik interessante vase en klein dekoritems om karakter aan jou sitkamer te verleen.

Die voorkamer voordat dit opgeknap is. Foto: Misha Jordaan

KUNS

Foto: Misha Jordaan

Dekor begin gewoonlik met kunswerk of dekoratiewe items waarvan kleure by die vertrek se voorkoms en gevoel ingesluit word. Kuns gee karakter aan mure en kan so maklik wees soos seildoeke met die regte voorkoms of kleur.

Hou by drie skakerings in een ruimte en temper dit met ’n neutrale kleur soos wit, swart of grys.

A3-plakkaat R299, Superbalist.com
Protea-muurkuns R199,99, MRP Home
Nagemaakte potplant R16,99, Pep Home

Wenk
Stal jou eie werk op houtskinkborde uit soos ons regs gedoen het.


DAAR WAS LIG

Die regte beligting doen soveel vir ’n vertrek – dit skep atmosfeer en belig waar nodig, byvoorbeeld in die hoek waar jy graag sit en lees.

Een hooflig in die plafon kan helder lig verskaf en ook met ’n dompel-skakelaar sagter gestel word.

Skep dan poele lig in die vertrek met ’n lamp op ’n boekrak en hoektafel en ’n staanlamp wat lig op jou boek gooi.

Chroom tafellamp met wit lampskerm R399, @home

KITSMOOIMAAK

Dink eers twee keer voor jy ’n meubelstuk uitgooi, al is dit afgeslyt of is jy lus vir iets nuut.

Die rede? Dekorverf is ’n goedkoop en maklike manier om ou items nuwe lewe te gee.

Vaas R79,99, Sheet Street
Nori-tafel R699, Super­balist.com
Magnetiese uurglas R79,99, Sheet Street
Pop-meubel- en dekorverf R99, Superbalist.com
Metaalplanthouer R79,99, H&M
Vaas R49,99, H&M
Nagemaakte potplant R16,99, Pep Home

VEELDOELIG

Foto: Misha Jordaan

Ottomans kan as koffietafels of ekstra sitplek dien en is ook ’n uitstekende plek om jou voete op te laat rus ná ’n moeilike dag. Dis die moeite werd om meer op te dok vir items wat lank nuttig sal wees.

Wenk
As ruimte beperk is, kies ottomans wat ook as bêreplek ingespan kan word.


DIE VLOER

Lae is groot nuus. Meng en pas teksture in verskillende groottes vir ’n moderne en ontspanne voorkoms. Dit verleen ook warmte aan ’n ruimte.

Kry dit hier

@Home 0860-576-576; H&M 0860-690-707; MRP Home 0800-212-535; PEP Home 021-234-5678; POCO 021-841-1500; Sheet Street 0800-212-535; Superbalist.com 087-362-7300

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om die korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.