Kort op die hakke van die wenkbroukroon, bestyg 'n nuwe koningin-neiging die troon. En dis verbasend koel. 

Die kroon-oogskadu is presies wat die naam aandui: Jy verf ’n kroonvorm met jou oogskadu aan jou ooglede en rond die punte daarvan met klein diamantknoppies af.

Die neiging is glo al ’n ruk lank in omloop, maar het eers onlangs soos ‘n veldbrand op die internet versprei nadat die skoonheidsblogger en grimeerkunstenaar Huda Kattan 'n video op Instagram gedeel het.

In die greep gee ’n ander Instagrammer 'n les oor die kroon-oogskadu met produkte uit Huda se grimeringreeks.

Die video het meer as 700 000 kykslae en heelwat kommentaar ontlok.

“Dis ’n moet,” merk 'n gebruiker op. Terwyl ’n ander een uitroep: “Pragtig!”

As jy gretig is om die dapper neiging te beproef, maar bang is jou hande is te bewerig, stel Hello! voor jy gebruik ’n stensil vir die kroon se buitelyn.

En siedaar; jy laat jou innerlike koninklike na vore kom.  

Bronne: metro.co.uk, hellomagazine.com, fashionmagazine.com