Gossip Girl- aanhangers, staan nader! Dit kan dalk net die nuus wees wat jou dag kan maak. 

Volgens E! News het HBO aangekondig dat dié populêre reeks vanjaar weer na die kassie sal terugkeer. Wie sal ooit die sappige skinderstories en die anonieme blogger, oftewel die eintlike Gossip Girl, kan vergeet wat die karakters daagliks getreiter het? Iets anders wat ons sal bybly, is hoe stylvol die karakters was. 

Serena en Blair
Kloue uit! Die oomblik toe Blair vir Serena die water in gestoot het.

Hoewel Marie Claire berig dat HBO nie kan bevestig of enige van die oorspronklike karakters in die nuwe seisoen sal verskyn nie, is ons steeds opgewonde om te sien wie die nuwe stylvolle klomp van Manhattan sal wees. 

Van die bekende gesigte sluit in Leighton Meester, wat die rol van die stylvolle Blair Waldorf vertolk het, Blake Lively, wat as die gekompliseerde maar ook beeldskone Serena van der Woodsen te sien was, en die hartebrekers Ed Westwick (Chuck Bass), Chase Crawford (Nate Archibald) en Penn Badgely (Dan Humphreys). 

NEW YORK, NY - MARCH 27: Blake Lively is seen on m
Van links: Dan, Chuck en Nate. Foto: Gallo Images/Getty Images

Kykers het ses seisoene lank na die gekompliseerde lewens van die klompie en hul families gekyk en hulle verkyk aan Blair en Serena se katgevegte asook die meisies se modesin. 

Hier is ons gunstelingstyloomblikke van Blair en Serena – wie is jou gunsteling?

Blair

Die groen jas

\Blair Waldorf
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die kopband

Leighton Meester
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die kouse

Blair
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die hakskoene

Balir Waldorf
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die pragtige aandrok

Blair se rok
Foto: Gallo Images/Getty Images

Serena 

Die silwer rok

Serena
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die sexy swart uitrusting

Serena
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die kort romp

Serena
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die ikoniese geel romp

Serena
Foto: Gallo Images/Getty Images

Die hakskoene

Hakskoene
Foto: Gallo Images/Getty Images

Bronne: E! News, Marie Claire, IMDb, Popsugar.com