Pruim en nartjierooi

Een van die grootste kleurneigings dié seisoen is nartjierooi, of, soos ons dit gewoonlik noem, oranje – dit pryk aan al wat modepop is op Instagram.

Pruim maak ’n nog groter stelling, hetsy aan jou lippe of jou naels. Vat ’n kans en dra albei saam – donkerpruim aan jou oë en helderoranje aan jou lippe.

Palladio Herbal-lipstiffie in Golden Orange R69,95
Revlon Colorstay Gel Envy Longwear-naellak in Get Lucky R135
Orly Color Blast-naellak in Tangerine Neon R128
Payot My Payot Anti-Pollution Revivifying Mist R246
NYX Liquid Suede Cream- lipstiffie in Orange County R149,95
Rimmel Exaggerate Full Colour-lipomlyner in Under My Spell R109,95
Rimmel Exaggerate Full Colour-lipomlyner in Call Me Crazy R109,95
Mac Retro Matte Liquid-lipkleur in High Drama R305
L’Oréal Color Rich Lip Liner Couture in Intense Plum R154,95
Essie Longwear Gel Couture in Good Knight R135
Yardley Intense Matte- lipstiffie in Drama Queen R109

So dra jy pruim

Vir ’n dramatiese aandvoorkoms kan jy soos die aktrise Olivia Munn jou pruimkleurige lipstiffie en rok by mekaar laat pas. Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Hou grimering min saam met pruimkleurige lipstiffie.
  • Gebruik lipomlyner saam met donker lipstiffie omdat dit sigbaarder sal wees as dit in die lyntjies beland.

So dra jy nartjierooi

Wanneer jy helderoranje lipstiffie aanwend, hou soos prinses Charlene die res van jou voorkoms natuurlik. Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Probeer ’n bleek, blinkerige oogskadu en ’n paar lae maskara saam met die oranje lipstiffie. Dit sal jou gesig ophelder.
  • Oranje pas goed by blonde of donker hare.

Koningsblou en blospienk

Rimmel The Only One Matte- lipstiffie in Salute R124,95
Morgan Taylor Professional- naellak in New Romance R149
Revlon Colorstay Gel Envy Longwear-naellak in Up in Charms R135
Rimmel Oh My Gloss Oil Tint in 100 R89,95
L.O.V Unexpected-oogskadu in 231 R134
Rimmel Magnif’Eyes Double Ended- oogskadu in Dark Side of Blue R109,95
3ina The Nail Polish in 214 R119,95
L.A. Girl LineArt Matte Eyeliner in Cobalt R119,95
Catrice  Pret-a-Lumiere Longlasting-oogskadu in Allez Les Bleus R79
Bodyography Pure Pigment-oogskadu in Bondi R260

Koningsblou maak ’n sterk stelling, terwyl blospienk vir ’n subtiele voorkoms sorg.

Jy kan die twee kombineer deur blou oogskadu saam met pienk lippe of andersom te dra – as jy dapper genoeg is om blou lipstiffie te dra.

So dra jy blou 

Dra blospienk lipstiffie saam ­ met helderblou, soos die sangeres Selena Gomez en die aktrise Salma Hayek. Foto: Gallo Images/Getty Images
Die aktrise Salma Hayek. Foto: Gallo Images/Getty Images
  • Hou by een area op ’n slag: lippe of oë of naels, maar nie alles nie – dit kan jou soos ’n hanswors laat lyk.
  • Probeer ’n blou lyn bokant jou swart gevleuelde oogomlyner as jy nie te gewaagd wil wees nie.
  • Skakeer blou oogskadu met bruin of swart oogskadu in die oogvou en aan die buitehoeke van die oë vir ’n stemmiger voorkoms.

So dra jy pienk 

  • Blospienk gee ’n mooi sagte voorkoms.
  • Jy kan dit aan jou oë, lippe en wange dra sonder om oordoen te lyk.
  • Dit lyk goed aan die naels met ’n blinksilwer bolaag. 
Kry dit hier

Bodyography Placecol.com; Catrice Takealot.com; Essie 0860-102-491; L’ORÉAL 0860-102-491; L.A. GIRL (Dis-chem  0800-201-170); L.O.V Takealot.com; MAC 011-516-3000; 3INA 011-883-1519; Morgan Taylor Takealot.com; NYX (Clicks 0860-254-257); Orly Indiglow.co.za; Pallado Girl (Dis-chem 0800-201-170); Payot Absoluteskin.co.za; Revlon 011-971-0812; Rimmel 0800-463-446; Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.