Gesig

Die model Emily Ratajkowski. Foto: Gallo Images/Getty Images

Of jy nou ’n douvars vel wil hê of volmaakte grimering vir ’n selfie, verligters kan jou voorkoms opkikker.

Wend dit oor ’n kontoer aan om dit natuurliker te laat lyk, oor blosser vir ’n warm voorkoms, aan die brug van jou neus om dit geboë te laat lyk en aan jou kupidoboog om jou lippe voller te laat vertoon.

Wanneer jy ’n laehalstop dra, kan jy verligter aan jou sleutelbeen aanwend om die voorkoms te harmonieer.

L.A. Girl Strobe Lite Strobing Powder in 110 Watt R149
Bobbi Brown Shimmer Brick in Bronze R790
GOSH Strobe’n Glow Kit in Highlight R288
Essence Metal Chrome Blush in My Name Is Gold Rosé Gold R65

Lippe

Die aktrise Dania Ramirez Foto: Gallo Images/Getty Images

Metaalkleurige lipstiffies sal die aandag op jou lippe vestig; daarom moet jy nie die res van jou grimering oordoen nie.

Jy kan beslis jou oë en lippe by mekaar laat pas, maar hou dit minimalisties aan die oë deur die glans tot net die binnehoeke van die oë te beperk.

Ligter kleure soos goud en silwer werk goed by ’n donkerder vel, terwyl helder kleure soos rooi en fuchsia goed by ’n olyfkleurige vel pas.

Warmer kleure soos donkeroranje pas die beste by ’n ligter gelaat.

GOSH Lip Oil in Crystal Strap R157
Labello Glitter Limited Edition R28
Catrice Prisma Chrome Lipstick in Meet Violeta R100
Essence Holo Wow! Dewy Lip Shine in Butterfly Flap R59,95

Naels

Die sangeres Katy Perry. Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

As jy van ’n bietjie drama hou, sal jy mal wees oor chroom of blinkernaels.

Dit lyk goed ongeag hoe lank jou naels is. Geen ekstra naelkuns is nodig nie, maar jy kan een of twee naels mat maak vir die kontras.

Laat pas jou naels ook by jou grimering of bykomstighede, maar hou dit strategies, en moet dit ook nie oordoen nie.

Beperk die koördinering tot een of twee dinge, soos naels wat net by jou ringe en lippe of net by jou skoene pas. 

Essence Get Your Glitter on Loose Glitters in Golden Nuggets R64,95
Elegant Touch Polish Nails in Hall of Mirrors R93
Essie Nail Lacquer in Apres-Chic R139,95
Revlon Nail Enamel in Blushing Gilded Goddess R125

Die aktrise Ashley Benson. Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Goeie manier om jou oë op te helder is met glimmende oogskadu.

Jy kan dit oor die boonste ooglid, aan die binnehoeke van die oë of aan die onderste en boonste ooglid en die binnehoeke van die oë aanwend.

Kleure wat op hul eie goed werk, is pienk, goud en silwer. Ander kleure moet dalk met donkerbruin of swart aan die vou van die ooglid of die buitehoeke van die oë ingeskakeer word om die voorkoms te versag. 

Max Factor Excess Shimmer in Bronze R159,95
Palladio Crushed Metallic Shadow in Eclipse R99
L.O.V The Glacious Stylo Eyeshadow in Ice Star R229
Yardley Stayfast Eyeshadow Stick in Gilded R119,95


Kry dit hier
Bobbi Brown (Red Square 0800-203-925); Catrice (Dis-Chem 0800-201-170); Elegant Touch  (Clicks 0860-254-257); Essence Essence.eu/za; Essie 0860-102-491; Gosh (Edgars 0800-203-925); Labello 0860-102-091; L.A. GIRL (Dis-Chem 0800-201-170); L.O.V Takealot.com; Max Factor (Clicks 0860-254-257); Palladio (Dis-Chem 0800-201-170); Revlon 011-971-0812; Yardley 0800-463-446
Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.