1 Blink ooghoeke

Vergeet van die res van die ooggrimering en fokus op die binnehoeke van jou oë. Wend ligkleurige blink oogskadu of oogomlyner in die binneste ooghoeke aan.  Dit verhelder en maak die oë oop. Jy kan die truuk probeer as jy oogskadu of selfs net maskara dra.

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

2 Mooi met metaal

Metaalkleurige naels, oogskadu en lipstiffie is nou witwarm. Vir naels is ’n metaalkleur genoeg; jy hoef nie ekstra detail of naelkuns by te voeg nie. Oogskadu met ’n metaal skynsel trek altyd aandag, ongeag watter kleur dit is. Die perfekte manier om dit aan te wend, is saam met net oogomlyner en maskara, of ingeskakeer in ’n rokerige oog. Metaal lipstiffie is meestal in mat teksture beskikbaar, maar jy kry dit ook in glans teksture. 

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images

3 Dramatiese wimpers

Ons praat nie van vals wimpers nie, maar eerder van hope maskara. Wend heelwat maskara aan jou boonste en onderste wimpers. Wag vir ’n minuut of twee dat dit set en druk dan bietjies-bietjies haartjies teen mekaar vir Twiggy-geïnspireerde wimpers.

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images


4 Blou oë

Die meeste mense skram weg van helder oogskadu en oogomlyner, maar dié voorkoms was groot nuus op die rooitapyt en loopplanke. As jy nie dapper genoeg is om die kleur op sy eie aan te wend nie, dra dit saam met swart – moet net nie nog ander kleure byvoeg nie.

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images


5 Romanties rokerig

Die dae toe die rokerige oog net vir die buitehoeke van die oog bedoel was en slegs in swart, is verby. Die nuwe rokerige oog kan jy met enige kleur skep. En bedek die hele ooglid, asook die onderste lid. Probeer dit!

Foto: Gallo Images/Getty Images
Foto: Gallo Images/Getty Images