Grunge 

Die beste kunsie om dié sterk voorkoms vir jou oë te laat werk is om jou waterlyn met ’n bruin of brons omlyner te omlyn. Dit sal die strakheid van die swart teen die wit van jou oë versag.

Wend dan swart oogomlyner net onder jou waterlyn aan en klad dit ’n bietjie met die agterkant van jou potlood, ’n wattestokkie of jou pinkie.

Bedek jou boonste wimpers met ’n paar lae maskara om die voorkoms te balanseer. 

Produkte

Palladio Immortal Kajal Lasting Cream Eyeliner in Mystery R95
Palladio Herbal Precision Eyeliner in 01 R79,95
Inglot AMC Gel Eyeliner in 77 R249
Avon True Color Eyeliner in Blackest Black R119,90
Gosh Velvet Touch Eyeliner in Black Ink R125,95
Elizabeth Arden High Drama Eyeliner in Smokey Black R280
Yardley Stayfast Eyeshadow Stick in Midnight R129,95

Sag

Verskillende sagte kleure onder die oë by ’n modevertoning van Derek Lam in New York. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Helder oogskadu vertoon meestal sag op die oë as dit nie oor verbloemer of oogskadu-basislaag aangewend word nie; dit is net die donkerder kleure wat intenser is.

Die beste manier om oogskadu aan jou onderste ooglede aan te wend is met ’n oogskadu-aanwender, wat gewoonlik saam met oogskadupalet voorsien word.

Dit smeer pigment aan sonder dat die poeier in jou oë kom.

Net soos met die grunge-voorkoms kan jy ’n brons of bruin om­lyner aan jou waterlyn aanwend om te keer dat jou oë uitgewas lyk.

Produkte

Mac Eye­shadow in Embark R220
Rimmel Magnif’eyes Mono Eyeshadow in Poser R79,95
Essence All That Greys Smokey Eye Pencil in Grey Times R57,95
Bodyography Pure Pigment Eyeshadow in 4104 R260
Bodyography Pure Pigment Eye­shadow in 4103 R260
Hannon Duo Shadow for Blue Eyes R168

Helder

Wit strepies vir vroue met moed, soos gesien by ’n modevertoning van Ulla Johnson in New York. Foto: Gallo Images/ Getty Images

Hoekom nie ’n helder partytjievoorkoms kies nie? Helder oog­omlyners soos blou, wit en roosgoud werk goed hiervoor.

Anders as die twee ander voorkomste is die geheim vir helder omlyner om dit onder jou waterlyn aan te wend en met ’n ligte laag maskara te kombineer.

Wend ’n wit omlyner van albei hoeke van jou oë inwaarts aan en laat ’n ruimte in die middel waar die omlyners veronderstel is om bymekaar te kom vir ’n eenvoudige maar gewaagde voorkoms.

Produkte

Palladio Herbal Precision Eyeliner in 05 R79,95
Palladio Herbal Glam Intense Gel Eyeliner in Deep Blue R119,95
L.O.V Best Dressed Eye Pencil in Oriental Tanzanite R139
Catrice Kohl Kajal Eye Pencil in Grey-Z R37
Gosh Metal Eyes Waterproof Eye­liner in Tiger Eye R125,95
Rimmel Magnif’eyes 2in1 Kohl Kajal and Eyeshadow in Dark Side of Blue R109,95
Almay Intense i-Color Gel Smooth Liner in Navy R189


Kry dit hier

Almay 011-971-0812; Avon 0860-102-345; Bodyography 011-086-9800; Catrice catrice.eu/za; Elizabeth Arden 021-597-1700; Essence essence.eu/za; Gosh 0800-203-925; Hannon hannon.co.za; Inglot inglotsouthafrica.com; L.O.V takealot.com; MAC 011-516-3000; Palladio 0800-201-170; Rimmel 0800-463-446; Yardley 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.