SO LYK JY OP JOU HEEL MOOISTE

1

Natuurlike rooikoppe moet weet hulle het ’n baie weerbarstige oranje pigment in hul hare. Jy sal nie van die natuurlike rooi in jou hare kan wegkom nie; daarom moet jy altyd ’n haarkleur kies met ’n effens rooi kleur.

2

Dis moontlik om heeldag volmaak te lyk as jy ’n grimeerverseëlaar oor jou grimering aanspuit.

Lee Hough (29)

3

Donker en dramaties gegrimeerde oë kan maklik intimiderend lyk. Dra dus altyd ’n perskekleurige blosser op jou wange wat jou vriendeliker laat lyk.

4

As jou hare vinnig platval bo-op jou kop, laat sny dit effens korter bo. Dan sal jou kapsel vanself makliker opstaan.

5

As jy nie ’n saamtrekmiddel aan jou vel aanwend nie, kan die aktiewe bestanddele van jou vogroom en serums nie jou vel binnedring nie.

6

In jou tienerjare is ’n reiniger en sonskerm voldoende; vanaf jou 20’s moet jy ’n oogroom begin gebruik, en op 30 velserums onder jou vogroom.

7

Trek ‘n lyntjie met ’n wit oogpotlood naby die wimpers en versprei dit met jou vingers. Dit laat lyk oogskadu helderder.

Marie van Zyl (48)

8

Die bes bewaarde volumegeheim is om jou hare net met jou vingers en haardroër droog te blaas en nie met ’n borsel nie.

Annetjie Hall (39)

9

As jy ’n volumestileerproduk aan jou hare aanwend, sorg altyd dat jy dit in jou kopvel invryf, want dis hier waar volume begin. 

10

Om krulhare die gladste en reguitste te blaas, blaas dit met ’n groot borsel terwyl dit nog papnat is.

Ilze van Rhyne (24)


WEN

Twee lesers kan ’n geskenkpak met Hannon-produkte van hul keuse van R2 500 elk wen. SMS HANNON, jou antwoord, naam en adres voor 11 Januarie om 17:00 na 35407*.

VRAAG: Op watter kanaal word Hannon se program uitgesaai?

* Elke SMS kos R1,50. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd.



Foto’s: Martin de Kock; Modestilis: Sunet Vermaak, info@styledesignory.co.za