DIE een les wat Franita Visser van Alberton kort voor haar 30ste verjaardag geleer het, is om nie op ander staat te maak vir haar eie geluk nie. Sy moet eenvoudig in haarself belê as sy wil groei.

As ontwerper van kombuise is dit ook nodig dat sy die regte beeld uitstraal. ’n Kreatiewe persoon in ’n kreatiewe beroep kan eenvoudig nie vooruitkom met ’n voorkoms wat soos verlede jaar lyk nie. Gelukkig weet Glam Guru net hoe.

Voor
Na

LAAT LIGTE oë sTRAAL

STAP 1

Wend die donkerste oogskadu wat jy in die hande kan kry eers aan jou boonste ooglede aan, maar doen dit spaarsaam. Wend dit dan ook ligweg onder jou oë aan.

STAP 2

Die wit skakering wat jy net aan jou binnehoeke aanwend, sal jou hele oogarea laat glinster. Hiervoor gebruik jy die ligste oogskadu wat jy kan kry.

STAP 3

Vir meer drama het jy nou ’n swart jeloogpotlood nodig wat jy eerstens aan jou oog se waterlyn aanwend. Gebruik dieselfde swart potlood aan jou boonste ooglede se wimperlyn om jou oë meer opwaarts te laat vertoon.

STAP 4

Al wat nog oorbly, is ’n laag swart maskara. Gebruik altyd ’n water- en smeerbestande een, want wie wil hê hul maskara moet in die hitte loop?

TREK SO AAN VIR WERK

Wanneer jou klerestyl in harmonie met jou soort werk is, boesem dit meer vertroue in by kliënte, verduidelik die modestilis Sunet Vermaak.

Te veel valle en frille is nie altyd geskik vir by die werk nie en kan soms die indruk wek dat jy te verfynd is om die werk baas te raak. Verskillende kleurkombinasies en om verskillende patrone saam te dra het sin in ’n kreatiewe omgewing, maar nie noodwendig in ’n konserwatiewe werkomgewing nie.

Bykomstighede in verskillende teksture soos hout, klip en leer sal vir Franita werk.

Wen

Twee lesers kan ’n geskenkpak met Hannon-produkte van hul keuse van R2 500 elk wen. SMS HANNON, jou antwoord, naam en adres voor 11 Januarie om 17:00 na 35407*.

VRAAG: Op watter kanaal word Hannon se program uitgesaai?* Elke SMS kos R1, 50. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd.