Die voor-foto.
iIze van Rhyne (24), Administrateur, Southdale

’n Sofapokkel is iemand wat haar lewe op ’n rusbank verwyl en sodoende ’n klomp opwinding misloop. As jy jonk en gesond is, soos Ilze van Rhyne, het jy geen verskoning nie.

Maar wat is dan nodig om ’n pragtige enkellopende vrou van haar rusbank te bevry sodat sy ’n aktiewe lewe kan begin lei? ’n Opwindende nuwe voorkoms kan ’n uitstekende beginpunt wees.

Hou die weer uit jou hare

STAP 1 Wat is droë krulhare se grootste vyand? Vog en klammigheid in die lug. Masseer ’n paar druppels humiditeitsbeskermer vir ekstra vog deur jou hare en kam dit deur.
STAP 2 ’n Gladblaasgeheim as jy droë en poreuse hare glad en blink wil kry, is om dit te begin glad blaas terwyl dit nog papnat is, anders verloor jy dalk die stryd teen die natuurlike kin­kels.
STAP 3 Vir die tweede deel van die sti­lering gebruik ek ’n baie warm stryk-yster; daarom spuit ek eers hittebeskermer aan. Nou kan ek die styl na hartelus stryk.
STAP 4 Wend silikoonserum aan om die hare glad te hou en ekstra glans te gee. Vryf net ’n enkele druppeltjie deur jou droë hare en rang­skik jou styl.

Klere vir ’n voller figuur

Iemand met ’n voller figuur lyk beter in sagte, vloeiende style wat die kurwes beklemtoon, verduidelik die modestilis Sunet Vermaak. ’n Vol borsmaat vertoon beter met ’n lae halslyn. Op kantoor is vier vingers bo die buustelyn aanvaarbaar.

’n Hoë neklyn soos ’n rolhals kan ’n vol borsmaat uit proporsie laat lyk. Iemand met ’n driehoek-figuurvorm moet liewer effekleurige, donker broeke of rompe dra met ligte en bedrukte patrone in ’n bloes of baadjie. Patrone kan baie figuurfoute verdoesel, maar hoe groter die patroon, hoe groter gaan jou lyf lyk.

Hou by ’n patroon so groot soos jou handpalm.

WEN

Twee lesers kan ’n geskenkpak met Hannon-produkte van hul keuse van R2 500 elk wen. SMS HANNON, jou antwoord, naam en adres voor 7 Desember om 17:00 na 35407*.

VRAAG: Op watter kanaal word Hannon se program uitgesaai?* Elke SMS kos R1, 50. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd.

Modestilis: Sunet Vermaak info@styledesignory.co.za; Foto's: Martin de Kock