Lee Hough (29), Administrateur, Vereeniging
Die na-foto.

Op 29 was Lee Hough van Vereeniging nog nooit oorsee nie. Alles gaan na dese verander, want Lee en haar man vlieg Mauritius toe vir hul wittebrood. Son en see klink lekker, maar hoe doen ’n mens dit in styl?

Gelukkig weet Glam Guru hoe. Hannon het haar hare in ’n parmantige kort styl geknip en haar gewys hoe om te grimeer en vir ’n stylvolle reis aan te trek.

KRY VAKANSIEKLEUR

STAP 1 Meng die twee skakerings van ’n duetblosser en wend dit met ’n groot borsel aan jou wange, voorkop, neuspunt en ken aan.
STAP 2 Wend net die ligte skakering van die blosser aan jou boonste ooglid aan.
STAP 3 Die donker, meer intense skakering wend jy in die waai van die ooglid aan. Jy kan dit ook sommer onder die oë aanstip.
STAP 4 Die vlug is lank en jy wil seker maak jy lyk steeds goed wanneer jy op Mauritius aankom. Verseël dus jou sonbrons grimering met ’n vogseëlaar.

PAK SO IN VIR ’N VAKANSIE

’n Mens wil gewoonlik nie te veel klere inpak wanneer jy met vakansie gaan nie; dus moet jy slim pak, sê die modestilis Sunet Vermaak. ’n Broekpak kan op die strand gedra word.

Tydens middagete of wanneer dit koeler raak, kan jy ’n truitjie aantrek en vir aandete kan jy ’n baadjie of sjaal daarby dra om meer elegant te lyk.

’n Sarong kan maklik van ’n romp in ’n rok, serp of tjalie omskep word. ’n Slim manier om baie uitrustings te skep is met meng-en-pas-kombinasies. Pak drie broeke, drie toppies, drie warm goed en drie rokke in. Voeg bykomstighede by vir nog ’n legio opsies.

Wen

Twee lesers kan ’n geskenkpak met Hannon-produkte van hul keuse van R2 500 elk wen. SMS HANNON, jou antwoord, naam en adres voor 14 Desember om 17:00 na 35407*.

VRAAG: Op watter kanaal word Hannon se program uitgesaai?*

Elke SMS kos R1, 50. Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ’n redelike tyd.