1. Jy soek nie klonterige maskara wat maklik in die somerhitte kan smeer nie. Dié nuwe maskara beloof volume en lengte in ’n paar hale sonder dat dit koek of afskilfer.

2. Impulse en die televisiepersoonlikheid Boity Thulo het saamgewerk om ’n reeks geparfumeerde lyfsproeie bekend te stel. My gunsteling is die Tropical Beach + Espresso- parfuum wat ’n skeut energie gee. 

3. Blosser is terug! In die somerhitte is dit beter om jou grimering lig te hou. Kies ’n produk wat subtiele kleur gee, soos dié blosser. As jy nie van glans hou nie of geneig is om ’n olierige vel te hê, kies ’n mat blosser.

4. Kontoervorming is nie net vir jou gesig nie. Gebruik dié kontoerroller ook aan jou arms en borsgleufie. 

1. Avon Mark Big & Extreme Volume & Length Mascara in Black R159,90 2. Essence Mosaic Blush in Natural Beauty R49 3. Catrice Slim Legs Body Contour Roller Limited Edition R169,95 4. Impulse Tropical Beach + Espresso Perfumed Body Spray R22,95

5. Vir naels is tekstuur dié seisoen die in ding. Beproef Anny se poeier-effek-naelpolitoer om ’n subtiele stelling te maak.

Anny Matte Powder Effect Nail Polish in Flamingo Fashion R100

6. Boots ’n somergloed na met dié produk. Dit gee glans aan jou onderlaag en sal jou ’n stralende gloed gee sonder om dit te oordoen.

Palladio I’m Glowing Illuminating Primer R145

7. Warmer weer kan oogskadu laat verrimpel en verdof. Laat joune langer hou met ’n voorbereidingslaag wat die produk langer laat aanbly.

Gosh Eye Shadow Primer R167

8. Dié nuwe stortjel is verkwikkend en verfrissend en het ’n songekuste geur wat somer uitroep. 

Nivea Sunshine Love Care Shower Gel R36,99

9. Die somerhitte kan jou lippe laat uitdroog. Sorg dat jy dit met ’n hidrerende lipbotter versorg. Hou dié een in jou handsak om voor lipstiffie te gebruik of op sy eie vir bevogtigde lippe.

Matsimela Red Berry Beauty Lip Butter R35

10. Helder oogkleure is dié somer hoogmode. Ek is dol oor Michelle Ori se nuwe reeks oogomlyners; dit hou lank en sal jou ’n skeut kleur gee. Wend dit aan jou onderste of boonste wimperlyn aan. 

Michelle Ori Super Long Wear Eye Pencil in Festival R110
Michelle Ori Collection Extra Long Lasting Eyeliner in Gold R95
Michelle Ori The Collection Eyeliner Pencil in Vivid Green R95
Michelle Ori The Collection Eyeliner Pencil in Silver R95

11. Meng sweet en sterk parfuum en jy het ’n nare kombinasie. Gebruik eerder gegeurde lyfwasmiddels of bevogtigers. Dit gee ’n subtiele geur sonder om die sintuie te oorweldig. Die lyfwasmiddel is romerig en voel weelderig aan die vel. Dit het ook ’n heerlike geur en laat die vel sag en bevogtig voel.

Vinolia Velvet Orchid Luxury Cream Wash R39,99

12. Gebruik ’n uitkamkam nadat jy jou hare gewas het, kam jou opknapper daarmee deur of stileer dit met die wyetandkam. Hou dit in jou strandsak en gebruik dit nadat jy geswem het om ’n byderwetse nathaarvoorkoms te skep. 

Denman Tame ’n Tease Comb R49,99

Kry dit hier

Anny (Truworths 021-460-2300); Avon 0860-102-345; Catrice (takealot.com); Denman (Dis-Chem 0800-201-170); Essence (Clicks 0860-254-257); Gosh 0800-203-925; Impulse (Clicks 0860-254-257); Matsimela 011-704-7251; Michelle Ori 011-455-4875; Nivea 0860-102-091; Palladio (Dis-Chem 0800-201-170); Vinolia 012-674-0400

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.