20’s

Ariana Grande (26)

Foto: Gallo Images/Getty Images

Dit behoort nou al vir jou ’n gewoonte te wees om twee keer per dag jou gesig deeglik te reinig. Wend een of twee keer per week ’n masker aan nadat jy jou vel gereinig het. Behoorlike reiniging van jou gesig verminder puisies en swartkoppies, wat ’n algemene verskynsel in jou 20’s is.

Gebruik ’n bevogtiger met ’n waterbasis, want dit is lig en sal jou vel laat asemhaal. Moenie met grimering gaan slaap nie; dit sal jou porieë verstop en jou puisies gee. As jy te lui is vir was, vee jou gesig af met watte wat in miselwater gedoop is. Dit werk ook goed wanneer jy kampeer en nie naby ’n kraan is nie.

30’s

Olivia Wilde (35)

Plooie en fyn lyne begin in jou 30’s om jou oë vorm; jy moet oogroom begin aanwend. Jou vel word ook ’n bietjie droog en dof, en jy moet meer moeite doen om dit te laat goed lyk. Kies ’n nie-uitdrogende reiniger, ’n verhelderende serum en ’n bevogtiger met bygevoegde SBF as jy nie sonskerm kan bekostig nie.

Vestig ’n roetine om jou vel te diepreinig, en skilfer dit elke drie dae af. Was altyd jou gesig nadat jy grimeringverwyderaar gebruik het, want op dié ouderdom sal kortpaaie nie deug nie. Gebruik ’n diep- reinigingsproduk en ’n gesigborsel om jou vel te help skoonmaak

40’s

JAIME PRESSLY (42)

Jy verstaan waarskynlik jou vel beter en weet wat daarvoor werk en wat nie. Jou vel word nou sensitiewer en donker kringe, sonvlekke en hiperpigmentasie is ook merkbaarder.

Kies intensiewe behandelingsprodukte soos onderoogplakkers en kragserums. ’n Roomreiniger sal keer dat jou vel uitdroog. En as jy afskilfer, doen dit een keer per week met ’n sagte mikroafskilferaar.

Gebruik ’n sonskerm met ’n hoë SBF en bestee so min tyd moontlik in direkte sonlig

60’s

SHARON STONE (61)

Diep plooie vorm en jou vel is nog sensitiewer. Jy moet produkte gebruik wat die vel help herbou en laat uitdy terwyl dit ook bevog. Alles wat jy op dié ouderdom aan jou vel gebruik, moet jou help om dié doelwitte te bereik.

Gebruik ’n matige reiniger wat nie skuim nie, en voeg ’n hidrerende nagroom by jou produkte vir ekstra bevogting. Vir nog intensiewe resultate, gebruik tuis-afskilferaars of bespreek gesig- en afskilferingbehandelings by jou skoonheidskliniek.

Foto's: Gallo Images/Getty Images

Ekstra bronne: totalbeauty.com, forbes.com, oprah.com, paulaschoice.com, refinery29.com