’n Tikkie glans 

Wanneer jy oogkleur vir jou troue soek, kyk na ’n palet met ’n mengsel van mat en glinsterende bleek kleure wat ook pienke insluit.

’n Bruid moenie te veel blink nie, maar ook nie net bleek kleure dra nie. Kombineer dus glinster- en bleek kleure met mekaar sodat jy soos ’n glansryke maar natuurlike bruid kan lyk.

Maybelline Eyeshadow Palette in The Blushed Nudes R260
NYX Dream Catcher Palette in Stormy Skies R245,95
L.A. Girl Eyeshadow Collection Beauty Brick in Nudes R99

Natuurlik 

Foto: Gallo Images/Getty Images

’n Natuurlike oogskadupalet bestaan uit skakerings van bruin en bleek kleure.

Dit is ideaal vir vroue wat op formele plekke werk waar te veel grimering onvanpas is. Met dié sagte kleure kan jy grimeer sodat dit lyk asof jy geen grimering dra nie, maar tog subtiel mooi lyk.

Clarins Perfect Eyes & Brow Palette R525
Catrice Chocolate Nudes Eyeshadow Palette in Choc’Let It Be R99
Rimmel Magnif’eyes Eye Contouring Palette in London Nudes Calling R189

Partytjietyd 

Foto: Gallo Images/Getty Images

Helder, gewaagde oogskadu’s is gewoonlik meer geskik vir ’n partytjievoorkoms waar jy kan eksperimenteer en pret kan hê met jou grimering.

Dis beter om ’n palet met ’n groot verskeidenheid kleure te kies as jy nie weet watter helder kleure by jou pas nie.

Maar as jy reeds weet wat vir jou werk, kan jy ’n palet met minder kleure kies.

Essence My Only 1 Eyeshadow Palette in 22 Eye Catching Looks R209,95
NYX Ultimate Shadow Palette Brights R379,95
Gosh Eye Xpression The Four Elements R179

Blinkgoed 

Foto: Gallo Images/Getty Images

Metaalkleurige oogskadu’s is ’n uitstekende keuse as jy ’n treffende, glansryke voorkoms soek

Jy kan ook ander dele van die gesig soos die wenkbroubeen, die neusbrug, wange of kupidoboog beklemtoon.

Essence Mermaid Eyeshadow Box in My Shell Is My Castle R89,95
Lancôme Hypnôse Palette in Mon Smoky R775
Gosh 9 Shades Shadow Collection Metalic Shades in To Party in London R245,95


Kry dit hier

Catrice takealot.com; Clarins 011-809-6300; Essence essence.eu/za; GOSH (Edgars 0800-203-925); Lancôme 0860-102-492; L.A. Girl (Dis-Chem 0800-201-170); Maybelline 0860-102-492; NYX (Clicks 0860-254-257); Rimmel 0800-463-446

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.