DIE ENKELSKOUERROK
Dis net die regte kombinasie van sexy en gesofistikeerd. Hou dit klassiek en dra dit saam met blokhakke, ’n klein sakkie en fyn hangertjie sodat niks die aandag aftrek van die mooi kaal skouer nie.
Rok deur Forever New R1 499, Spree.co.za






Dra dit by ...

Halssnoer deur Style Republic R79, Spree.co.za
Sonbril R149, H&M
Sak R559, Zara
Blokhak­skoene R90, Jet
MAKSI MET PATRONE
Ons is mal oor dié lang, bont rok. Hiermee kan jy lekker kreatief raak: Dra ’n mandjiesak en insteeksandale of espadrilles hierby. En natuurlik ’n paar tossel-oorbelle vir so ’n ietsie funky.
Maksirok R139,99, MRP

Dra dit by ...

Oorbelle R99, Old Khaki
Groot sak deur G. Couture R549, Spree.co.za
Ooptoon­sandale R659, Zara
Blokhakskoene R199, Makro
Houtsak R659, Zara
Sonbril R149, H&M


DIE HEMPROK
Dra dit kantoor toe of naweke informeel. As jy ’n belt dra, kies ’n gestruktureerde handsak, klassieke puntskoene en ’n beret vir Franse flair. Of laat staan die belt en kies stewige blokhakke en ’n klein handsakkie.
Hemprok R899, H&M

Dra dit by ...

Sonbril R180, Woolworths
Belt deur Joy Collectables R129, Spree.co.za
Bandjie­skoene R949, Charles & Keith
Beret R299, Accessorize
Bokshandsak R759, Zara
Blokhak­skoene R759, Zara


OORVOUROK
So ’n rok kan maklik bedags sowel as saans werk. Dra dit gemaklik saam met oprygsandale en ’n groot sonbril. Kies saans hoë­haksandale en dalk selfs ’n tulband.
Oorvourok R899, H&M

Dra dit by ...

Rayban-sonbril R1 990, Luxottica
Tulband R150, Woolworths
Sak R899, Charles and Keith
Sak R629, Colette by Colette Hayman
Platformsandale R899, Charles & Keith
Sandale R149,99, The Fix


VALLE
 Valle is vroulik, maar kan ook dramaties lyk. Hou jou bykomstighede subtiel, maar kies wel versierde sandale vir die aand.
Rok R2 299, H&M

Dra dit by ...

Hoepel-oorbelle R19,99, MRP
Sonbril R59,99, MRP
Sak deur Mango R599, Spree.co.za
Sak R659, Zara
Versierde sandale R759, Zara


AANDAGTREK-MOUE
By dié prettige, kort rokkie kan jy wit tekkies en ’n oulike sonbril dra. En beslis dié seisoen se klein serpie om jou nek.
Rok R299, The Fix

Dra dit by ...

Serp deur New Look, R109, zando.co.za
Sonbril R79,99, The Fix
Handsak R379, H&M
Tekkies R399, Woolworths


HALTERNEK
Dra tosselsandale by ’n kort, vloeiende rokkie. Ons hou baie van die heldergeel.
Halternekrok R629, H&M

Dra dit by ...

Armbande R59,99 vir ’n stel van 6, MRP
Sak R599, H&M
Denimbaadjie deur Noisy May R999, Spree.co.za
Sandale deur R399, Queue Shoes


KAAL SKOUERS
So ’n rok kan jy maklik opsmuk wanneer jy ná werk ’n skemerkelkie gaan drink. Dra lang oorbelle en fyn bandjiesandale hierby.

Rok R699, Queenspark

Dra dit by ...

Tossel-oorbelle R35,99, MRP
Sak deur Witchery R1 299, Woolworths
Hoëhaksandale R599, Woolworths
Sandale R379, H&M
Panamahoed R199, H&M
Sak R179,99, Jet


KRY DIT HIER

Accessorize 021-477-8641; CHARLES & KEITH 021-552-4912; H&M 021-826-7300; JET 0800-203-925; LUXOTTICA 021- 486-6100; MAKRO 0860-300-999; MRP 0800-21-25-35; OLD KHAKI 021-914-8797; QUEENSPARK 021-460-9400; QUEUE SHOES 021-531-5450; SPREE.CO.ZA; THE FIX 0860-101-048; WOOLWORTHS 0860-022-002; ZANDO.CO.ZA; ZARA 011-302-1500

LET WEL

Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.