Koel in kamo
Elke man moet kamoefleerdrag in sy klerekas hê, want dit gee jou straatstyl-punte.
Denim is dinamiet
Baie mans is geneig om by langbroeke te hou wanneer hulle dié materiaal dra, maar stel ook ’n denimbaadjie of -hemp op die proef. Albei is klassiek en pas by amper alles.
- As dit van ’n dun materiaal gemaak is, kies ’n noupassende snit sodat jy lae bo-oor kan byvoeg as dit kouer raak.
- As die materiaal dikker en die snit losser is, behandel die hemp soos ’n liggewigbaadjie en dra T-hemde of langmoutops daaronder.
’n Denimbaadjie val in dieselfde kategorie as ’n vlootblou of swart kleurbaadjie, want dit pas by amper alles. Maar terwyl ’n kleurbaadjie ’n formele voorkoms skep, skep ’n denimbaadjie ’n ruwe buiteluggevoel.
Kry die regte snit vir jou liggaamsvorm.
- As jy ’n klein of lenige lyf het, kies reguit, klewende of noupassende snitte om jou verhoudings te balanseer.
- As jy frisser is, kies reguit of los snitte, want dit is gemakliker.
Billabong 042-200-2600; Cotton On 011-784-0218; Exact 0860-005-439; H&M 021-826-7300; Issaleo.com; Jeep 031-313-1400; Jet 0800-203-925; Luxottica 021-486-6100; Makro 0860-300-999; MRP 0800-21-25-35; Old Khaki 021-914-8797; Pep 0860-737-000; Priverevaux.co.za; Spree.co.za; Superbalist.com; Swatch 011-911-1200; Woolworths 0860-022-002; Zando.co.za
Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskaffers nie verantwoordelik gehou kan word nie.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET