Wat is afskilfering?

Dis wanneer jy die veloppervlak liggies met ’n fisiese of chemiese produk poleer om dooie selle te verwyder en ’n gladder vel te ontbloot.

Fisieke afskilfering verwys na skropmiddels of borsels wat jy aan jou vel vryf, gewoonlik met ’n sirkelbeweging, terwyl chemiese afskilfering behels dat produkte met aktiewe bestanddele dooie selle chemies verwyder.

Dié produkte word nie by die vel ingevryf nie. Jy wend dit aan, los dit ’n paar minute lank aan en was dit dan af.

Hoe dikwels moet jy afskilfer?

OLIERIGE VEL

Skilfer 2-3 keer per week af. Dit sal nie net dooie velselle verwyder nie; dit sal ook jou vel diepreinig en porieë oopmaak.

Alle soorte afskilferaars is vir dié velsoort geskik.

KOMBINASIEVEL

Skilfer 2 keer per week af. Hierdie velsoort verg sagte behandeling aan die droë areas en diepreiniging aan die olierige areas.

’n Afskilferproduk wat hialuronsuur bevat, help om die droë areas vogtig te hou terwyl dit die sebumvervaardiging in die olierige areas balanseer.

Skilfer twee keer per week af en wissel fisieke en chemiese afskilferaars met mekaar af.

DROË VEL

Skilfer 1 keer elke 10 dae af. Jou vel is gewoonlik baie sensitief en verg min fisieke afskilfering.

Produk-afskilferaars met korreltjies moet in die vorm van roomreinigers wees wat min seep bevat sodat dit nie die vel dehidreer nie.

Chemiese afskilferaars moet ook met groot versigtigheid gebruik word omdat sterk chemikalieë die vel gevoelig sal maak.

Hoekom moet jy afskilfer?

Jou vel skei elke dag dooie selle af, maar jy kan dit nie met die blote oog sien nie.

Die dooie vel wat agterbly, kan jou vel grof laat voel en dof laat lyk. Dit kan ook verstopte porieë en puisies veroorsaak.

Soorte afskilfering

Verskillende hulpmiddels en produkte is beskikbaar:

  • Gereedskap Gesigreinigings- of lyfborsels wat saam met seep gebruik word.
  • Reinigers Dit bevat piepklein korreltjies wat jou vel afskilfer terwyl jy dit daaraan vryf.
  • Chemiese afskilferaars Salisiel- en alfahidroksisuur in dié produkte reageer met die vel en verwyder so dooie velselle.

Skilfer so af

  • Reinig ou vel voor jy afskilfer. SAs jy afskilfergereedskap of ’n produk met korreltjies gebruik, maak die vel nat nadat jy dit gewas het. Wend reiniger aan jou gereedskap aan, of die korreltjieproduk aan jou vel, en poleer sagkens met die gereedskap of jou hande. Beweeg hoogstens drie keer oor ’n area.
  • As jy ’n chemiese afskilferaar gebruik, wend dit aan skoon, droë vel aan en volg die verpakkingsaanwysings noukeurig.
  • Alle soorte afskilferaars moet met skoon water afgespoel word. Druk die vel droog.
  • Wend ’n bevogtigende produk aan wanneer jy klaar is.

TUISGEMAAK

Bespaar ’n paar rand deur jou skropmiddel tuis te maak. Dit werk net so goed. Hou alle skrop- middels uit di- rekte sonlig.

LIPPE LIPSKROP

Benodigdhede: bruinsuiker, petroleumjellie

RESULTAAT

Gladder lippe sonder dooie velselle.

lippeskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 1: Skep die suiker in ’n klein fles. Laat ’n bietjie ruimte vir die petroleumjellie.

lippeskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 2: Voeg sowat 2 lepels petroleumjellie by en meng.

lippeskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

GESIG HAWERMOUT-EN-HEUNINGSKROPMIDDEL

Benodighede: suiwer heuning, hawermout, roosbottelolie

RESULTAAT

Vel wat sagter voel en meer gehidreer is.

hawemout lyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 1: Maak ’n fles halfvol heuning.

hawemout lyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 2: Voeg die hawermout by, maar los ’n bietjie plek aan die bokant van die fles.

hawemout lyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 3: Voeg ’n paar druppels roosbottelolie by.

hawemout lyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 4: Voeg nog heuning by tot die fles vol is. Meng alles deeglik.

hawemout lyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

LYF SUIKERSKROPMIDDEL

Benodigdhede: bruinsuiker, jojobaolie, olyfolie

RESULTAAT

Vel wat gladder en sagter voel.

lipskropmiddel
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 1: Maak die fles driekwart vol suiker.

lipskropmiddel
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 2:  Voeg ’n paar druppels jojobaolie by.

lipskropmiddel
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 3: Vul die fles met olyfolie. Laat die olie afsypel en voeg nog by tot die suiker versadig is.

lipskropmiddel
Foto: Onkgopotse Koloti

LYF SUIKER-EN-KOFFIESKROPMIDDEL

Benodigdhede: bruinsuiker, gemaalde koffiebone, olyfolie

RESULTAAT

Vel wat sag voel en stralend en verkwik lyk.

koffielyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 1: Maak die fles ’n kwart vol suiker.

koffielyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 2: Voeg die gemaalde koffie by. Vul die fles met lae suiker en koffie tot dit amper vol is.

koffielyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

STAP 3: Voeg die olyfolie by, laat dit deur die lae sypel en meng goed.

koffielyfskrop
Foto: Onkgopotse Koloti

Gesigskropmiddels

lyfskrop
Euphrates Advanced Cleansing Brush R850
lyfskrop
Neutrogena Hydro Boost Exfoliator R114 vir 150 ml
lyfskrop
Nivea Skin Refining Scrub R62,99 vir 75 ml
lyfskrop
Cetaphil Daily Scrub R135 vir 178 ml
lyfskrop
Sothys Cosmeceutique DF Deep Cleanser R610 vir 50 ml
lyfskrop
DQuip Facial Brush R219,95

Lyfskropmiddels

lyfskrop
Matsimela Kalahari Body Scrub R95 vir 350 ml
lyfskrop
Africology Pedi-Scrub R300 vir 175 ml
lyfskrop
The Body Shop Gel Body Scrub R195 vir 257 g
lyfskrop
Elancyl Energizing Foaming Scrub R155 vir 150 ml
lyfskrop
BodyCare from Africa Gold Coast Charcoal Exfoliating Shower Gel ­ R80 vir 250 ml
lyfskrop
The Body Shop Cactus Brush R215

Kry dit hier
Africology 011-791-6890; Bodycare takealot.com; Cetaphil (Clicks 0860-245-257); Dquip (Dis-Chem 0860-347-243); Elancyl (Dis-Chem 0860-347-243); Euphrates euphrates.co.za; Matsimela 011-704-7251; Neutrogena (Dis-Chem 0860-347-243); Nivea (Dis-Chem 0860-347-243); Sothys 011-804-2540; The Body Shop (Clicks 0860-245-257)
Hoewel ons alles in ons vermoë doen om korrekte pryse te verskaf, kan foute voorkom waarvoor Huisgenoot en die verskafferS nie verantwoordelik gehou kan word nie.