Kirstin Buick (27)

Webredakteur

‘Ek is ’n jeans-en-T-hemp-meisie en het ’n korporatiewer voorkoms beproef, maar kry dit nie reg nie’
Eers. Foto: Jacques Stander
Hemp R149, 99, MRP. Kunsleerbroek R599, Cotton On. Hakskoene R249,99, The Fix. Belt R150 vir twee, Foschini. Oorbelle R199,50, Colette by Colette Hayman. Sjaal R399, Old Khaki. Sak R350, Woolworths. Foto: Jacques Stander

Raad

Verruil jou jeans vir ’n kunsleerbroek. Jy kan dit bedags of saans dra, en dit werk ewe goed vir ’n kantoor- as ’n ontspanne voorkoms.

Modewenk
Kirstin het kort bene. Die item wat haar die beste sal pas, is ’n broek met ’n hoë middel om haar onderlyf te verleng.


Colin Hendricks (30)

Joernalis en tienerredakteur

‘Ek soek ’n deftige maar ontspanne voorkoms met ’n sportiewe gevoel’
Eers. Foto: Jacques Stander
Trui R450, Woolworths. Broek R499, jas R899 en hoed R350, Markham. Tekkies deur Vans R649, Spree.co.za. Foto: Jacques Stander

Raad

Sleutelitems soos ’n soldatejas en ’n hoed kan maklik jou sportiewe voorkoms van ontspanne in iets deftigs omskep.

Modewenk
Hou jou voorkoms eenvoudig met goeie snyerswerk as jy ’n korter broek kies. Jou skoene moet gepoleer en in ’n goeie toestand wees. Dié voorkoms lyk op sy beste sonder sokkies. 


Maxine Peters (28)

Kopiekoördineerder

‘My styl is byderwets en ek hou van die rabbedoe-voorkoms, maar soms wil ek ’n tikkie vroulikheid inbring. Ek wil weet hoe om die twee te kombineer’

Eers. Foto: Jacques Stander
Baadjie R1 399, Poetry. Kouse R120 vir twee paar en tekkies R450, Woolworths. Belt R150 vir twee en ­armbande R99 vir vier, Foschini. Ring R59, Queenspark. Foto: Jacques Stander

Raad

Kry ’n klassieke item, soos dié soldatejas of ’n oorgroot hemp wat jy op verskillende maniere kan dra. 

Modewenk
Voeg ’n belt by jou uitrusting en omskep dit in ’n kits van vaal in fantasties. 

Carmen Niehaus (59)

Kosredakteur

‘Dis moeilik om rokke te kry wat by my lyf pas omdat ek swaarder bo is. Ek weet nie hoe om rokke volgens my lyf te stileer nie’
Eers. Foto: Jacques Stander
Frokkie vanaf R129, Miladys. Jeans R499, streep­rok R399 en armband R99, ­Foschini. Tekkies R499, Woolworths. Serp R250, Poetry. Foto: Jacques Stander

Raad

Kies diep V-halslyne en oorvourokke om ’n vleiender vorm te skep. Dra dit saam met jeans in die winter vir ekstra warmte.

Modewenk
Dra ’n frokkie onder jou diep V-halslyn om dit geskikter vir die kantoor te maak. 


Kelly-Ann De Beer (27)

Fotonavorser

‘Ek hou van sportiewe klere en wil graag weet hoe om dit op te dollie. Gemak is vir my belangrik, maar ek wil steeds goed lyk’
Eers. Foto: Jacques Stander
Trui R499, Woolworths. Broek deur Sissy Boy R799, Spree.co.za. Stewels R1 299, Woolworths. Oorbelle R79, Foschini. Foto: Jacques Stander

Raad

Verruil jou sweetpakbroek vir ’n formeler oefenbroek wat goed pas of ’n sportgeïnspireerde broek.

Modewenk
Dollie jou voorkoms op deur sportgeïnspireerde klere te dra saam met ’n paar stewels wat die koppe laat draai. 


Carmen Petersen (34)

Kosskrywer

‘Ek sukkel om broeke van die regte lengte te kry en is nie seker hoe om korter broeke te dra en of dit ooit by my pas of nie’
Eers. Foto: Jacques Stander
Top deur edit Plus R349, Spree.co.za. Streep-top R299 en broek R399, Donna Claire. Tekkies deur The Index Adidas Originals R1 199, spree.co.za. Hoed R250, Foschini. Foto: Jacques Stander

Raad

Kry jeans of ’n langbroek wat korter gesny is sodat jy dit nie hoef korter te laat maak of hoef op te rol nie.

Modewenk
As jy strepe kies, kies dunner vertikale strepe, want dit kan ’n verslankende illusie skep. 


Anthony Karriem (57)

Retoesjeerder

‘Ek weet nie watter snit jeans vir my werk of hoe om dit te dra nie’
Eers. Foto: Jacques Stander
Hemp R149,99, Jet. Jeans R649, Cotton On. Onderbaadjie R550, skoene R699 en serp R130, Markham. Gebreide baadjie deur Only & Son R499, Spree.co.za. Foto: Jacques Stander

Raad

Nousluitende jeans werk die beste by enigeen met ’n skraal liggaamsbou.

Modewenk
Dra jou jeans bedags by ’n T-hemp of trui en rond dit af met ’n paar wit tekkies. Saans kan jy jou T-hemp verruil vir ’n hemp en baadjie wat goed pas. Voeg daarby ’n paar aanglipskoene en jy is reg vir aksie.


Kry dit hier

Colette by Colette Hayman 021 937-5143; Cotton On 011 784-0218; Donna Claire 021 937-4779; Foschini 0860-104-764; Jet 0800-203-925; Markham 021 938-7666; Miladys 0800-310-290; MRP 0800-21-25-35; Old Khaki 021-9148797; Poetry 021-419-0020; Queenspark 021-460-9400; Spree.co.za; The Fix 0860-101-048; Woolworths 0860-022-002